Gereformeerde Kerk Alberton

Die Gereformeerde kerk Alberton is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika op die Randse dorp Alberton.

Gereformeerde Kerk
Alberton
Gereformeerde Kerk Alberton
Sluit in  Albermarle
Alberton-Noord
Elandhaven
Florentia
Impalapark
Gosforth Park
Leondale
New Redruth-Oos
Roodebult
Verwoerdpark
Unie-hospitaal
Clinton-kliniek
Klassis  Sentraal-Oos-Rand
Huidige predikant(e)  Andries Kruger
Belydende lidmate  108
Dooplidmate  7
Adres Parklandlaan 20–22
Florentia
Alberton
Geskiedenis
Stigtingsdatum  9 Desember 1939
Eerste predikant  P.J. de Klerk (1941'45)
Gereformeerde Kerk Alberton
Ds. P.J. (Petra) de Klerk, in kombinasie met Vereeniging van 1941 tot 1945 Alberton se eerste leraar.
Gereformeerde Kerk Alberton
Die kerkgeboue, einde 2017. Die gemeente deel dit met die House of Christ Worshippers Church.
Gereformeerde Kerk Alberton
Dr. G.P.L. van der Linde trou met Cornelia van der Merwe. Hulle was die pastoriepaar hier van 1955 tot 1958.
Gereformeerde Kerk Alberton
Dr. Klaas Speleveld van Wyk de Vries, leraar van 1946 tot 1952.
Gereformeerde Kerk Alberton
Ds. Petrus Venter (leraar van 1952–'54), sy vrou, wat hom jonk reeds ontval het, en hul dogtertjie, Anna.
Gereformeerde Kerk Alberton
Mev. (ds.) G.P.L. van der Linde, predikantsvrou van 1955 tot 1958.
Gereformeerde Kerk Alberton
Ds. Simon van der Bijl, leraar van 1973 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 2000. Sy vrou, Esther, is gebore op 11 Februarie 1930.
Gereformeerde Kerk Alberton
Ds. S.J. van der Bijl en sy gesin.

Alberton is op 9 Desember 1939 van Germiston (1905) afgestig as die sewende Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand. Dit was die vyfde kerk wat tussen 1935 en 1939 in dié gebied afgestig is. Van die eerste inwoners van die dorp Alberton was ook lidmate van die Gereformeerde Kerk. Reeds van 1904 af het hulle na Germiston gereis om daar kerk by te woon. Intussen moes hulle plaaslik onderling kerk en Bybelstudie aan ouderlinge se huis hou. Op 11 Junie 1927 het die Albertonse lidmate met die goedkeuring van Germiston se kerkraad ’n sinkkerkie van die plaaslike NG moedergemeente bekom.

In 1940 het Alberton in ’n kombinasie met Vereeniging gevorm. Ses en ’n half jaar ná die gemeente se stigting, in Mei 1946, besluit die kerkraad van Alberton die tyd is geleë vir die oprigting van ’n nuwe kerk. Die huidige perseel in Parklandslaan is in November 1946 gekoop vir £1 600. Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou is op 5 Junie 1948 gelê en die kerk op 2 Julie 1949 amptelik in gebruik geneem. Weens probleme met boupermitte in die jare net ná die Tweede Wêreldoorlog het die kerkraad besluit om self as boukontrakteur op te tree en sake so te bespoedig, hoewel die hoeksteen Fritz Broers as bouaannemer meld. Tot vandag is min veranderings nog aan die kerkgebou, ontwerp deur die argiteksfirma Verhoef, Smit en Viljoen, aangebring. Opknapping aan die binnekant van die kerk is wel aangebring, onder meer nuwe matte en bankstoffering.

Die gemeente gebruik nou (2018) nog ’n meganiese pyporrel wat in 1963 geïnstalleer is en wat die uitgediende Hammond- elektriese orrel vervang het. Destyds het dié nuwe orrel R6 450 gekos. Omdat dit so groot is, moes dit op die galery agter die preekstoel ingebou word. Amper 10 jaar nadat dit geïnstalleer is, het die pedale (om geen ooglopende rede nie) begin vashaak. ’n Staalstruktuur moes toe aangebring word om die galery se houtvloer te stut en so is dié probleem opgelos.

’n Kerksaal is langs die kerkgebou gebou en in 1975 in gebruik geneem.

In die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk (1959) het Alberton en Eikenhof saam 551 belydende lidmate gehad. Einde 2014 het die belydende lidmate van Alberton, Alberton-Wes en Brackenhof saam 653 getel, van wie net 178 in hierdie gemeente was. Einde 2017 het dit verder afgeneem tot 126, met net 12 dooplidmate.

Predikante

  1. De Klerk, Petrus Jacobus, 1941–1946 (in kombinasie met Vereeniging)
  2. Van Wyk de Vries, dr. Klaas Speleveld, 1946–1952 (die gemeente se eerste eie leraar)
  3. Venter, Petrus Johannes, 1952-1954
  4. Van der Linde, dr. Gerhardus Philippus Leonardus, 1955–1958
  5. Schulze, dr. Ludolf Ferdinand, 1959–1969
  6. Venter, Jurie Johannes, 1970–1972
  7. Van der Bijl, Simon Jan, 1973–2000 (aanvaar sy emeritaat)
  8. Kruger, Gert Johannes, 2000–2001
  9. Erasmus, Jacobus Johannes Jurgens, 2001–2008
  10. Kruger, Michael Andries Frans, 2008 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

AlbertonGereformeerde Kerke van Suid-AfrikaWitwatersrand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Morfologie (taalkunde)SwangerskapKondensasieBesnydenisRivierJakobLiefdeHokkieElon MuskSpysverteringstelselWoordeboek van die Afrikaanse TaalVoortrekkermonumentVrouAndrew DavisEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBynierSeptimius AwardsBloemfonteinAfro-AmerikanersMagnetismeOligopolieHipoteseMisdaadHorlosieNamakwalandAfrikanersSonnestelselGoogle TranslateKompasVoorvoegselPersoonlikheidFiela se kindAngssteuringSuid-Afrikaanse InkomstediensIndiëBernice WestPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAppendiksAfkortingKommaPaasfeesCleopatra VIIPerdDoopHoofpynWêreld- Ekonomiese ForumSwawelKrugerwildtuinNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGrootste rampe in Suid-AfrikaMartin Luther King jr.JagluiperdVoëlHoopJan-Willem BreureLys van elemente volgens simboolTransatlantiese slawehandelErosietipesSuurstofDierStereotipeInsekOlimpiese SpeleTelevisieBronadresDrinkwatervoorsieningSlangTweede WêreldoorlogPersoon (taalkunde)DiarreeDigtheidAkademiaStudievaardighedeNoord-KaapTrekarbeidNasionale erfenisterreine van Suid-Afrika🡆 More