Gerald Charles Accom: Suid-Afrikaanse skrywer

Gerald Charles Accom is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en studeer vanaf 1973 aan die Dower Onderwyskollege, waar hy in 1975 'n Primêre Onderwysdiploma in Liggaamsopvoeding verwerf.

Lewe en werk

Vanaf 1976 is hy 'n onderwyser aan die Mary Waters Hoërskool in Grahamstad. In 1987 behaal hy 'n Hoër Onderwysdiploma aan Rhodes-universiteit, met spesialisering in Opvoedkunde. Hy raak in hierdie tyd betrokke by gemeenskapsontwikkeling en dien op verskeie komitees wat gemeenskapsaktiwiteite en sport bevorder. Hy is 'n lid van die Local Government Negotiation Forum (LGNF) tot net voor die oorgang na demokrasie in 1994 en dien vanaf 1985 tot 2000 as plaaslike raadslid van Makana Munisipaliteit. Tussen Februarie 1997 en Augustus 1999 is hy deeltyds verbonde aan die Direktoraat van Sport, Kuns en Kultuur van die provinsiale regering, waar hy diens doen as Assistent-hoof Onderwysspesialis. In 2000 word hy lid van die Uitvoerende Raad van hierdie munisipaliteit en is voorsitter van die Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingskomitee tot 2005.

Hierna tree hy uit die plaaslike politiek en begin vanaf 2006 deeltyds verder studeer aan die Rhodes Universiteit. In 2007 behaal hy 'n Gevorderde Sertifikaat in Opleiding (A.C.E.), in 2009 'n B.Ed. Honneurs-graad met onderskeiding in Tegnologie en die gebruik van Inligtings- en Kommunikasietegnologie in onderwys. In 2011 verwerf hy 'n M.Ed.-graad in wetenskaponderwys met 'n verhandeling oor “An investigation of the learning processes that take place during practical work activities when using electrical circuit boards in grade 8: a case study”. Hy is vanaf Januarie 2008 tot Desember 2012 deeltydse lektor aan die Gevorderde Sertifikaat vir Onderwys-program aan Rhodes Universiteit, waar hy klas gee in Tegnologie-onderwys, lewensoriëntasie en Inligtings- en Kommunikasietegnologie onderwys. Daarna sluit hy in Februarie 2014 as deeltydse lektor aan by die East Cape Midlands College, waar hy klasgee in Rekenaarpraktyk. Hy stig die webwerf www.technologerry.co.za en ontwikkel leer- en onderrigmateriaal om Senior Fase Technology Learning Area (GET Band) onderwysers in Suid-Afrika te ondersteun. Hy is getroud en het drie kinders, 'n dogter en twee seuns, en woon op Grahamstad. 

Skryfwerk

Hy publiseer van sy gedigte en kortverhale op die webwerf Woes en gee self sy digbundel “Kinders van die Cocktail Country” uit. Sy gedig “Allooie” word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte”. Hy publiseer ook verskeie e-boeke, insluitende “Die spieël” ('n drama oor die innerlike stryd van 'n eensame persoon), “Semi-detached” ('n drama oor vaal mense in vaal huise, wat nogtans probeer om 'n blink bestaan te maak in 'n wêreld wat hulle nie goedgesind is nie),

In Engels is die e-boeke “It is about I” (besinning oor die mens se onvermoë om sosiale kwessies suksesvol aan te spreek) en “Cape Recife” (die verhaal van die onderwyser Colin Peterson se betrokkenheid in die struggle en sy deurbraak na demokrasie, net om deur 'n ongesonde lewenstyl deur swak gesondheid gekniehalter te word).

Publikasies

  • 1994 Kinders van die Cocktail Country

Verwysings

Tags:

Gerald Charles Accom Lewe en werkGerald Charles Accom SkryfwerkGerald Charles Accom PublikasiesGerald Charles Accom VerwysingsGerald Charles AccomSkrywerSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nadia ValvekensPuberteitAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTradisionele literatuurKatoenEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSuikerbekkiesFinale OplossingByeboerderyEmfiseemOogproblemeDuitse maselsAnglo-BoereoorlogSkaakAarde se atmosfeerGroot vyfCSSVulkaanKaren MeiringSpinnekopAntjie KrogAgtervoegselEmosieMisdaadromanJan de WetIndiese OseaanWolkArmoedeWiskundige terminologieFisioterapieReënvalbepalingDepressie (gemoedstoestand)Meningsverskil oor aardverwarmingJohannesburgMiddeloorontstekingHoofstadPaddaJode in Suid-AfrikaSomerKookpuntSkerpioenJodeKoue OorlogJagluiperdSeksueel oordraagbare infeksieLandbouWaterkringloopTelwoordAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBurgerregteRuslandGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaNederlandsAdolessensieSeeGewone luislangGoogleTweede WêreldoorlogHorlosieKakiebosViëtnamoorlogSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024RekenaarLys van lande volgens bevolkingHoofpynKoolstofdioksiedFosforLugbesoedelingDanie du ToitKhoikhoiWet op Bantoe-onderwysHerpes simplexMenslike seksuele gedragLys van deelnemers aan die Slag van Bloedrivier🡆 More