Geotermiese krag verwys na die elektrisiteit wat opgewek word deur voordeel te trek uit die natuurlike ondergrondse hitte in die aarde.
Verskeie metodes word gebruik om die geotermiese energie in elektriese energie om te skakel.
Prins Piero Conti het in 1904 te Laradello, Italië, die eerste kragopwekker aan 'n stoomenjin gekoppel wat deur natuurlike stoom aangedryf is en só die eeu van geotermiese elektrisiteit ingelui. Om elektrisiteit op te wek, moet die druk van die warm stoom en ander geotermiese vloeistowwe hoog genoeg wees om die turbines aan te dryf. Deur gate duisende meter in die aardkors te sink, is dit moontlik om deur te breek na die natuurlike ondergrondse reservoirs wat water en stoom onder hoë druk berg. Die stoom borrel dan uit na die oppervlak, waar dit gebruik word om die elektrisiteitopwekkers aan te dryf. Hoewel sulke kragsentrales duur is om op te rig, sal hulle, wanneer hulle eers gevestig is, 'n stabiele voorraad elektrisiteit vir die toekoms voorsien. Die VSA, Nieu-Seeland, en Japan het groot geotermiese kragsentrales wat elektrisiteit aan hul nasionale netwerke verskaf.
Vier basiese tipes geotermiese kraginstallasies word benut in verskeie lande oor die hele wêreld: die suidwestelike VSA het 'n hoë konsentrasie van sodanige installasies (en is die wêreld se grootste produsent van geotermiese krag per jaar), en so ook die Verre Ooste, Maleisië en Nieu-Seeland. Daar is ook individuele installasies in Sentraal-Afrika, Australië en Suid-Amerika. Hierdie tipes is droë stoom-installasies, blitsstoom-installasies, binêre kraginstallasies en hibriede kraginstallasies.
Geotermiese energie kan op plekke waar daar vulkaniese aktiwiteit is, of vroeër was, benut word. In die Verenigde State, Meksiko, Ysland, Italië, Rusland, Nieu-Seeland, die Filippyne, Japan en, meer onlangs, Duitsland en Kenia - lande wat aktiewe vulkaanaktiwiteit ondervind of naby vulkaniese gebiede lê - boor ingenieurs diep in die gesteentes in waar warm water en stoom vasgevang is en lei dié regstreeks na turbines om elektrisiteit op te wek.
Op 23 November 2007 is 'n nuwe geotermiese kragstasie in Landau (Duitsland) in gebruik geneem. Dit lewer 22 MW geotermiese krag en ± 2.5 MW elektriese krag en genoeg elektrisiteit vir sowat 6000 huishoudings. Verder word die 160 °C warme water uit 'n diepte van 3000 m nie net gebruik om elektrisiteit op te wek nie, maar ook om in die koue wintersdae die huise te verwarm.
Hierdie gegewens is hier geplaas om die moontlikhede en effekte van geotermie te wys
Beplande en operasionele geotermiese kragstaties (vir elektriesekragopwekking) in Middeleuropa | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Geotermiese lewering in MW | Elektriese lewering in MW | Temperatuur in °C | Vloeivermoë in m³/h | Boorgatdiepte in m | Beplande ingebruikneming jaar | |
Duitsland | ||||||
Bremerhaven | 0,5 | 0,065 | 90 | 5.000 | toegemaak/gestaak | |
Groß Schönebeck | 10 | 1,0 | 150 | < 50 | 4.294 | 2008 |
Neustadt-Glewe | 1,3 - 3,5 | 0,21 | 98 | 119 | 2.250 | Kragstasie is in gebruik sedert 2003 |
Bad Urach | 6-10 | ± 1,0 | 170 | 48 | 4.500 | toegemaak/gestaak |
Bruchsal | 4,0 | ± 0,5 | 118 | 86 | 2.500 | 2007 |
Karlsruhe | 28,0 | >150 | 270 | 3.100 | 2007 | |
Landau | 22 | ± 2,5 | 150 | 250 | 3.000 | Kragstasie in gebruik sedert 23 November 2007 |
Offenbach | 30-45 | 4,8 - 6,0 | 160 | 360 | 3.500 | 2008 |
Riedstadt | 21,5 | ± 3,0 | 250 | 3.100 | 2008 | |
Speyer | 24-50 | 4,8 - 6,0 | 150 | 450 | 2.900 | 2009 |
Isar Süd (München) | 30,0 | 2,0 | toegemaak/gestaak | |||
Unterhaching | > 30 | 3,4 | 122 | > 540 | 3.577 | 2007 |
Aschheim, Feldkirchen, Kirchheim | geen | 82 - 85 | 40 - 65 | 2.000 - 2.200 | 2009 | |
Frankryk | ||||||
Soultz-sous-Forêts | 30,0 | 6,0 | 200 | 240 | 8.084 | 2007 |
Switserland | ||||||
Basel | 17,0 | 6,0 | 200 | 5.000 | voorlopend gestaak (aardbewing) | |
Bron: Greenpeace 2000MW - skoon! + opdatering |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Geotermiese krag, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.