Genitale Tatoe

Genitale tatoes is tatoeëermerke wat aan die geslagsdele aangebring word.

Hoewel tatoes al hoe gewilder raak, veral in die Weste en onder jonger mense, is genitale tatoes steeds nie algemeen nie. Daar is verskeie redes: Die genitale area is sensitief, dikwels nie openlik sigbaar nie en meestal met hare bedek. Sommige tatoeëerkunstenaars sal ook om verskeie redes weier om tatoes op sulke sensitiewe plekke aan te bring.

Ligging

Feitlik die hele genitale area kan getatoeëer word, insluitende die skag en eikel van die penis, die vel van die skrotum en die buitenste skaamlippe.

Motivering

Daar is baie redes hoekom iemand besluit om sy geslagsdele te laat tatoeëer. Dit dien dikwels as versiering; ontwerpe is spesiaal geskep om skaamhare na te maak, die voorkoms van die geslagsdele te verbeter of ’n vreemde voorkoms te skep. Mans maak genitale tatoes soms deel van ’n groter ontwerp en laat dit lyk soos die "neus" van ’n gesig, of die "slurp" van ’n olifant. Ook vroue maak hul genitale tatoes deel van diere of gesigte. Hierdie praktyk is al lank deel van tatoeëring en soms word die tepels of ander liggaamsdele in die ontwerp ingesluit.

Sommige mense wat hul hele liggaam laat tatoeëer as deel van ’n liggaamspak, sluit tatoes van die geslagsdele en anus in om die ontwerp te voltooi. Ander gebruik dit in ’n BDSM-verband om dominansie of onderwerping aan te dui.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Genitale Tatoe LiggingGenitale Tatoe MotiveringGenitale Tatoe VerwysingsGenitale Tatoe Eksterne skakelsGenitale TatoeGeslagsdeleTatoeëermerkWeste

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProstaatkankerSpringbokkeWet op NaturellengrondVerantwoordelikheidEngelsKaapstadMIV/vigs in Suid-AfrikaLys van argaïsmesKoorsblaarKunsmatige algemene intelligensieNazi-DuitslandToestand van materieVarkgriepDikdermGetalNetbalSinoniemAfrikanerweerstandsbewegingOranjerivierNelson MandelaIranse aanval op Israel in 2024BoereKoerantSamestellingMiddeloorontstekingLangste woordBloeddrukKolitisTweede WêreldoorlogSendelingposisieBraaiIndonesiëPinksterAlliterasieSwartbewussynsbewegingAngolaDeelwoordGemeenskapPrimêre sektor van die ekonomieVerkoueOogproblemeDiskriminasieSaartjie BaartmanDesmond TutuUnited Democratic FrontToerismeVryheidsdagInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandGeldLys van bekende Suid-AfrikanersMuisvoëlBlonde stereotipeMusieksimboleSlangJan-Willem BreureGezina, PretoriaMaatskappyMangelontstekingVoegwoordKoperAustraliëFranse RewolusieMartin Luther King jr.Vaginale kankerOutismeTussenwerpselBoer Soek 'n VrouSout (chemiese stof)OostenrykBlaarRivierKoringNasionalismeBynier🡆 More