Wilde Kind Genie

Genie (gebore 1957 is die skuilnaam van 'n Amerikaanse wilde kind wat die slagoffer van ernstige kindermishandeling, verwaarlosing en sosiale isolasie was.

Haar omstandighede is prominent aangeteken in die annale van linguistiek en abnormale kindersielkunde.

Genie
Gebore1957
Arcadia, Kalifornië, VSA
Bekend virslagoffer van ekstreme kindermishandeling en 'n proefkonyn in die aanleer van 'n taal

Toe sy sowat 20 maande oud was, het Genie se pa haar in 'n kamer begin toesluit. In dié tyd het hy haar byna altyd aan 'n kindertoilet vasgebind, of aan 'n wiegie sodat sy nie haar arms of bene kon beweeg nie. Hy het enigiemand verbied om iets met haar te doen te hê en sy het dus as kind geen stimulasie gekry nie. Sy was ook uiters ondervoed.

Die omvang van haar isolasie het voorkom dat sy aan feitlik enige spraak blootgestel is en sy het dus nie as kind leer praat nie. Haar mishandeling het in November 1970, toe sy 13 jaar en 7 maande oud was, onder die aandag van Los Angeles se kinderwelsynowerhede gekom.

Sielkundiges, linguiste en ander wetenskaplikes het aanvanklik groot aandag aan Genie se geval gegee. Linguiste het haar beskou as 'n geleentheid om verdere insig te kry in die prosesse wat die aanleer van 'n taal beheer en om die teorieë te toets wat kritieke tydperke indentifiseer waartydens mense taal moet verstaan en leer praat. In die tyd dat wetenskaplikes Genie bestudeer het, het sy aansienlike vordering in haar algehele geestelike en sielkundige ontwikkeling gemaak. Binne maande het sy buitengewone nieverbale kommunikasievermoëns ontwikkel en geleidelik 'n paar basiese sosiale vermoëns aangeleer, maar selfs teen die einde van die studietydperk het sy nog baie eienskappe van 'n ongesosialiseerde mens geopenbaar. Sy het deur dié tyd aanhou leer en nuwe taalvermoëns geopenbaar, maar was eindelik nie in staat om 'n eerste taal ten volle aan te leer nie.

Wilde Kind Genie
Victor van Aveyron.

Die owerhede het aanvanklik gereël dat Genie in die kinderhospitaal in Los Angeles opgeneem word, waar 'n span dokters en sielkundiges haar 'n paar maande lank versorg het. Die reëlings vir haar verblyf hierna het die onderwerp van 'n wrewelige debat geword. In Junie 1971 het sy by haar onderwyseres van die hospitaal gaan woon, maar 'n maand en 'n half later het die owerhede haar geplaas by die gesin van die wetenskaplike aan die hoof van die navorsingspan. Daar het sy byna vier jaar gewoon.

Kort nadat sy 18 jaar oud geword het, het sy by haar ma gaan woon, maar sy het ná 'n paar maande besluit het sy kan Genie nie voldoende versorg nie. Die owerhede het haar toe geskuif na die eerste van wat 'n reeks instellings vir gestremde volwassenes sou word. Die mense in beheer het haar afgesny van feitlik almal wat sy geken het en het haar fisiek en emosioneel mishandel. As gevolg daarvan het haar fisieke en geestelike gesondheid agteruitgegaan en haar nuwe taal- en gedragsvermoëns geweldig afgeneem.

In Januarie 1978 het Genie se ma skielik alle wetenskaplike navorsing oor en toetse op Genie verbied. Min is bekend van haar omstandighede sedertdien. Dit is onsekser waar sy nou is, hoewel sy vermoedelik deur die staat Kalifornië versorg word. Sielkundiges en linguiste bespreek haar steeds, en daar is aansienlike akademiese en mediabelangstelling in haar ontwikkeling.

Wetenskaplikes vergelyk haar dikwels met Victor van Aveyron, 'n 19de-eeuse Franse kind wat ook die onderwerp was van 'n gevallestudie in laat ontwikkeling en die laat aanleer van 'n taal.

Verwysings

Skakels

  • Wilde Kind Genie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

KindermishandelingLinguistiekSielkundeVSAWilde kind

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameDistrik SesEerste WêreldoorlogKlimaatsverandering in AfrikaKondensasieLGevolge van aardverwarming op oseaneSwangerskapWortelParkinson se siekteRonelda KamferHelpmekaar-kollegeGeografie van Suid-AfrikaBurgerregteGrondwet van Suid-AfrikaGrondbewerkingKolonoskopieSpringbokkeRoofvoëlSpinnekopSpierVarkVulvaMolekuulWaterpokkiesSout (chemiese stof)Afrikaanse TaalmonumentDirekte en Indirekte redePenisOrrelKindersiektesWaterGautengSuid-AfrikaJansenvilleStedelike hitte-eilandChemiese verbindingLys van landeRooibokHorlosieYslandArthur GrumiauxFamilie (verwantskap)OogNatuurwetenskapShaka2001PubliekKookpuntDoelwitDikdermRassismeKrugerwildtuinWikiBybelCalviniaTegnologieAnilingusPriemgetalJode in Suid-AfrikaRenaissanceEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaFaf de KlerkMeervoudHarry PotterNasionale VrouedagPussy RiotAarde se atmosfeerBewaringstatusAppelReënvalbepalingAandagstreepAntjie SomersDiskriminasie🡆 More