Genadendal

Genadendal is 'n dorp in die Wes-Kaap (Suid-Afrika) aan die voet van die Riviersonderendberge.

Dit is amper anderhalf uur van die Kaap af op die platteland in die Overbergstreek.

Genadendal
Dorp
Morawiese Sendinggenootskap in Genadendal
Morawiese Sendinggenootskap in Genadendal
Genadendal is in Wes-Kaap
Genadendal
Genadendal
Genadendal Genadendal se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°02′S 19°33′O / 34.033°S 19.550°O / -34.033; 19.550 19°33′O / 34.033°S 19.550°O / -34.033; 19.550
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitTheewaterskloof
Stigting1738
Oppervlak
 • Totaal3,97 km2 (1,53 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal5 663
 • Digtheid1 426/km2 (3 690/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0,5%
 • Indiërs/Asiërs0,3%
 • Bruin mense94,0%
 • Swart mense3,1%
 • Ander2,1%
Taal (2011)
 • Afrikaans 94,5%
 • Engels 3,1%
 • Ander 2.0%

Geskiedenis

Genadendal 
Die Morawiese kerk op Genadendal.
Genadendal 
Die Genadendal-kerkkantoor.
Genadendal 
Sendingstasie te Genadendal (c.1849) deur George French Angas.

Genadendal was die eerste sendingstasie in suidelike Afrika. Die Duitse sendeling Georg Schmidt is in 1737 deur die Morawiese Sendinggenootskap gestuur om die evangelie aan die Khoikhoi te verkondig. Genadendal is in 1738 gestig nadat Schmidt hom op 23 April 1738 in die Baviaanskloof gevestig het soos die dorp eers bekend was. In 1806 is die naam verander na Genadendal.

Die inwyding van die eerste kerkgebou het op Wit-Donderdag 1796 plaasgevind. Hierdie kerkgebou was van die begin af te klein. Die inwyding van die nuwe kerk was op 18 Januarie 1800. Aangesien die kerkgebou later bouvallig begin raak het, is besluit om 'n nuwe en groter kerk, wat 1400 mense sou kon huisves, op te rig. Op 12 Oktober 1891 is die hoeksteen van die nuwe kerk op die gebruiklike wyse gelê. Ná anderhalf jaar is die bouwerk voltooi en op 14 Maart 1893 is 'n aandseën gehou.

In 1831 is 'n skool gebou. In 1837 is die eerste opleidingskool vir onderwys in die hele Suid-Afrika op Genadendal begin. Dieselfde gebou huisves vandag die Morawiese Sendingsmuseum.

In 1859 is 'n drukkery gestig, waar die eerste uitgawe van "De Bode van Genadenthal" in 1860 gedruk en uitgegee is. In 1861 is ook nog die "Kindervriend" uitgegee.

Die Morawiese Sendingsmuseum en die historiese kerkplein is op die werf. Nelson Mandela het die woning van die Suid-Afrikaanse president in Kaapstad in 1995 van Westbrooke na Genadendal herdoop. Op 10 Oktober 1995 het president Mandela Genadendal besoek.

Genadendal is die begin- en die eindpunt van 'n staproete wat oor twee dae strek. Die eerste dag begin op die werf en loop oor 14,3 km na Robertson toe. Op Robertson word oorgeslaap. Die terugtog is oor 11 km weer Genadendal toe. Stappers kan oor die vallei van Riviersonderend en oor die Klein Karoo uitkyk.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Genadendal GeskiedenisGenadendal Sien ookGenadendal VerwysingsGenadendal Eksterne skakelsGenadendalKaapstadOverbergRiviersonderendbergeSuid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiddeloorontstekingVryheidsdagSuikersiekteJeugdagWater (molekuul)Rudi ClaaseAssonansiePubiese harePsigopatieGeestesteuringNadia ValvekensApostoliese GeloofsbelydenisBeeldspraakViëtnamoorlogHernubare energieNasionalismeHeuningbyManie JacksonKaapstadse waterkrisis 2015-2018Ronelda KamferVleilandBelastingTrappe van vergelykingJagluiperdGlobaliseringStresByKindersiektesKommunismeElzette MaarschalkBalletMusiekteaterLourensrivierTandbederfAntoniemKoos du PlessisVingerseksTradisionele literatuurHulpwerkwoordSatellietMaatskaplike verantwoordelikheidBonné de BodMetamfetamienVermontSonPaarl GimnasiumEugenetikaSosiale mediaAtlantiese OseaanHannes van WykAngina pectorisVaginaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994ElektrisiteitsvoorsieningTurksvyISO 3166-2Jan van HunksSikloonBesoedelingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNeurenberg-verhoreBeaufortskaalAarde se atmosfeerJaco JacobsDemokrasieFranklin D. RooseveltMikro-ekonomiePersLys van chemiese elemente volgens atoomgetalFilosofieFinansiële staatJavaScript🡆 More