Die Geelsnapper (Lutjanus lutjanus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Yellow snapper.
Geelsnapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Lutjanus |
Spesie: | L. lutjanus |
Binomiale naam | |
Lutjanus lutjanus Bloch, 1790 | |
Sinonieme | |
|
Die vis word tot 30 cm lank, het 'n lang lyf en groot oë. Die lyf is silwerwit met 'n geel of geelbruin horisontale streep oor die middel van die lyf vanaf die oog tot by die stertvin. Daar is verskeie, dowwer, nouer geel strepe onder die hoofstreep. Daar is ook dowwe, nou geelbruin lyne aan die bokant van die vis se lyf. Dié lyne lê skuins agtertoe.
Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 90 m diep is. Hulle is alleenlopers maar kom ook in klein groepies voor. Soms word hulle ook gesien in groot skole saam met ander snapperspesies. Hulle vreet snags vis en skaaldiere.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Geelsnapper, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.