Die Geelrant-bontpaling (Gymnothorax flavimarginatus) is 'n bontpaling wat wydverspreid voorkom in die Stille en Indiese oseane; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Yellow-edged moray.
Geelrant-bontpaling | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. flavimarginatus |
Binomiale naam | |
Gymnothorax flavimarginatus (Rüppell, 1830) |
Die vis word tot 120 cm lank en is een van die grootste bontpalings. Die lyf is geelbruin en vol bruin spikkels. Die voorkop is persbruin, die oë oranje en daar is 'n groot swart vlek op die kieue-opening. Die agterkant van die vinne het geelgroen rante.
Die vis leef in kusrotsareas, platriwwe en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 50 m diep is. Die vis is 'n alleenloper en skuil in gate en skeure in die riwwe. Hulle word dikwels gesien waar net die kop uit sy skuiling steek; hulle verlaat die skuiling min bedags. Die bontpaling is nie aggressief nie behalwe as dit uitgelok word. Hulle maak snags jag op skaaldiere en klein vissies.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Geelrant-bontpaling, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.