Die Geelkop-vlindervis (Chaetodon xanthocephalus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan; asook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot sentraal-KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Yellowhead butterflyfish.
Geelkop-vlindervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Chaetodon |
Spesie: | C. xanthocephalus |
Binomiale naam | |
Chaetodon xanthocephalus Bennett, 1833 |
Die vis word tot 20 cm lank, hulle lywe is liggrys en bedek met dun, grys-blou chevronstrepe. Die area net onder die dorsale vin is wit. Die onderkant van die kop en bors is geel terwyl die dorsale- en analevinne geel is. Die ander vinne het 'n geel rant en daar is ook 'n geel streep agter die kop.
Die onvolwasse visse lyk anders, hulle is meer witterig met 'n geel rant reg rondom die lyf en vinne met uitsondering van die stertvin. Daar is 'n donker streep deur die oë, swart area op die sagte dorsale vin en 'n swart kol op die stertvin.
Hulle leef hoofsaaklik in aflandige koraalriwwe en kom soms ook in rotsriwwe in water wat 5 tot 30 m diep voor. Die visse is alleenlopers en kom soms in pare voor. Hulle vreet koraalpoliepe, klein ongewerweldes en alge.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Geelkop-vlindervis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.