Gay Pride: Positiewe houding teenoor LGBTQ+ mense, teen enige stigma, diskriminasie of geweld

Gay Pride, LGBT Pride of net pride is die positiewe standpunt teen diskriminasie en geweld van lesbiese, gay, biseksuele en transgender mense (LGBT) om hul waardigheid en gelyke regte te bevorder, hul sigbaarheid as ’n sosiale groep te verhoog, hul gemeenskap te versterk en seksuele diversiteit en genderverskeidenheid te vier.

Pride, of trots, as teenpool vir skaamte en sosiale stigma, is die oorheersende beskouing wat die meeste LGBT-regtebewegings dwarsoor die wêreld ten doel het. Die woord "Pride" word gebruik in LGBT-organisasies, -stigtings, -tydskrifte, -boektitels en selfs ’n TV-stasie en die Pride Library in Ontario, VSA.

Gay Pride: Positiewe houding teenoor LGBTQ+ mense, teen enige stigma, diskriminasie of geweld
Die reënboogvlag.

Pride-gebeure wissel van ernstig tot feestelik en word gewoonlik gehou in die LGBT Pride-maand, wat die Stonewall-onluste gedenk, of enige ander belangrike tyd in ’n land se LGBT-geskiedenis, soos die Moskouse Pride in Mei om Rusland se dekriminalisering van homoseksualiteit in 1993 te vier. Sommige vierings sluit parades, optogte, gemeenskapsdae en groot feeste in wat weke kan duur.

Algemene Pride-simbole is die reënboogvlag, die Griekse letter lambda (λ), die pienk driehoek en swart driehoek. Laasgenoemde twee is ’n heraanwending van die skande-lapelwapens van Nazi-konsentrasiekampe.

Verwysings

Sien ook

  1. Gay Pride-vlag van Suid-Afrika

Eksterne skakels

Tags:

DiskriminasieGeweldLGBTOntarioVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BorskankerSmeltpuntJansenvilleTsongaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVaalrivierBeaufortskaalInternetBrittany Ashton HolmesWapen van NamibiëHipoteseHeupvervangingGesondheidDelft, KaapstadLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSwartbewussynsbewegingRooipandaKoos du PlessisLys van Suider-Afrikaanse soogdiereBruin huisslangPeriodieke tabelReg tot ‘n gesonde omgewingBrandmondsindroomCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaNederlandInsekOlifantFrankrykLeestekenOorstromingRivierArmoedeAntisemitismeProksemikaFotoMotorvoertuigUniegebouSelfstandige naamwoordJSELongGetalSanskritKoppeltekenVoortrekkermonumentJudaïsmeSwangerskapHamburgerWebwerfHeuningbyAfrikaanse TaalmonumentKankerVulkaanVoëlBalletVoegwoordDaggaLondenBelastingBek-en-klouseerEugenetikaMynbouSomerPornografieCleopatra VIIWaarheid-en-versoeningskommissieMaatskappyWitbankSuikersiekteIdioomNoordwesVaginaOntwerpSuid-AfrikaJaarGeslagKlimaat🡆 More