Gawie Fagan: Suid-Afrikaanse argitek

Gabriël Theron Fagan (noemnaam Gawie, Kaapstad, 15 November 1925 – 13 September 2020) was ’n veelbekroonde Suid-Afrikaanse argitek wat saam met Pius Pahl en Revel Fox as een van die belangrikste argitekte van die Kaapse argitektuur van die middel van die 20ste eeu beskou word.

Hy is veral bekend vir sy huisontwerpe, waarin hy internasionale tendense met plaaslike Kaapse volksbou vermeng het. ’n Voorbeeld hiervan is sy eie huis, Die Es, in Kampsbaai, wat hy, sy vrou, dr. Gwen Fagan, en hul gesin self in die sestigerjare op ’n baie knap begroting gebou het. Die huis is ’n vergestalting van Fagan se waardes tydens sy 68 jaar lange loopbaan: inagneming van die landskap, handgesmede materiaal, waardering vir die geskiedenis en bowenal die skep van ’n moderne woonplek.

Herkoms en opleiding

Fagan is in Nuweland in Kaapstad se suidelike voorstede as een van drie seuns gebore. Nadat hy ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad studeer het, het sy moeder hom aangespoor om argitektuur aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Aan Tukkies het hy akademies uitgeblink en as ’n ontwerper uitgeblink. In tydskrif van die Suid-Afrikaanse Instituut van Argitekte is meermale oor sy bekroonde projekte berig.

Loopbaan

In 1952 het Fagan sy loopbaan as argitek aan die destydse Volkskas begin en talle takke van dié bank dwarsdeur Suid-Afrika ontwerp, altyd met groot sensitiwiteit vir die omgewing. In 1964 het hy sy eie praktyk in Kaapstad opgerig en sowat twee jaar later sy eerste restourasieprojek, La Dauphine, aanvaar. Ná die Bolandse aardbewing van 29 September 1969 het die restourasie van Kerkstraat, Tulbagh, gevolg. Vir die restourasie van die Kasteel die Goeie Hoop is hy in 2002 met die SAIA se prys vir uitnemendheid vereer. Reeds in 1988 het hy die instituut se goue medalje ontvang, die organisasie se hoogste eerbewys aan ’n plaaslike argitek.

Ander belangstellings

Fagan, wat deur baie mense as ’n alsydige beskou word, het in 1988 ’n epiese vaart van Portugal na Mosselbaai onderneem vir die 500-jarige herdenking van Bartolomeu Dias se besoek aan die Kaap. In 1982 het hy die Transatlantiese seiljagresies van die Kaap na Punta del Este gewen en in 2003 die vaart na Bahia.

Verwysings

Tags:

Gawie Fagan Herkoms en opleidingGawie Fagan LoopbaanGawie Fagan Ander belangstellingsGawie Fagan VerwysingsGawie Fagan13 September15 November19252020Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DriedimensioneelLeeudoringstad-spoorwegrampKlereWet op Bantoe-onderwysGriepAluminiumLidwoordWoordeboek van die Afrikaanse TaalWitbloedselKindersiektesEuropaChristendomVerkleinwoord7de LaanGevolge van aardverwarming op oseaneKoorsblaarInternetVolhoubaarheidHomofoonBeleggingSinoniemSharpeville-slagtingPornografiese subgenresGeloftedagMusiekOorkruipersMartin Luther King jr.BeurtkragKultuurKitaarKartografieJohannes MeintjesNierversakingAanpassingskapasiteitCorioliskragAfrikanerweerstandsbewegingSeekoeiCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaChemiese elementGoudErfenisJagluiperdGasVarkKlimaatToerismeDroomGrondwetMosambiekJudaïsmeTermiese geleidingsvermoëProteaKolonoskopieWetenskapGautengKlinkerLieweheersbesieRenteEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLeierNelson MandelaTafelbergJuraParasitiese siektesSebraLangste woordKlem-in-die-kaakKlimaatveranderingVerkleurmannetjieMane van GalileiBreinVulvaPlantluisGeelhoutTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)AkuutRugbyRassisme🡆 More