Garmisch-Partenkirchen

Garmisch-Partenkirchen is 'n markdorp en die administratiewe sentrum van die gelyknamige distrik in die Suid-Duitse deelstaat Beiere.

Garmisch-Partenkirchen, wat amptelik as herstellingsoord erken is, is daarnaas ook die belangrikste nedersetting in die streek Werdenfelserland. Ondanks sy bevolking van meer as 27 000 het Garmisch-Partenkirchen nie Duitse stadstatus nie.

Garmisch-Partenkirchen
Garmisch-Partenkirchen

Kaart Wapen
Garmisch-Partenkirchen
Garmisch-Partenkirchen
Vlag
Garmisch-Partenkirchen
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Garmisch-Partenkirchen Beiere
 Koördinate 47°30′N 11°06′O / 47.500°N 11.100°O / 47.500; 11.100
 Stigting Voor 802
 Oppervlakte:  
 - Totaal 205,66 vk km
 Hoogte bo seevlak 708 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2020) 27 253
 - Bevolkingsdigtheid 133/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Elisabeth Koch (CSU)
 Amptelike webwerf GAP
Garmisch-Partenkirchen
Die middeleeuse Altes Haus in Partenkirchen se historiese Ludwigstraße
Garmisch-Partenkirchen
Kleurryke huisfasades in Garmisch

Garmisch en Partenkirchen was oorspronklik twee onafhanklike nedersettings wat saamgesmelt het nadat die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (NSdAP) druk op hulle geplaas het om gemeenskaplik as die gasheerdorp van die IVde Olimpiese Winterspele van die jaar 1936 op te tree.

Partenkirchen het sy oorsprong in die Romeinse padstasie Partanum wat langs 'n ou handelsroete geleë was. Die eerste verwysing na Garmisch as nedersetting dateer van 802. In die hoë middeleeue was Partenkirchen vir die Fuggers en Welsers, twee vooraanstaande families van handelaars en koopmanne, 'n belangrike tussenstasie op die handelsroete na Italië tussen Augsburg en Venesië. Garmisch het sy ekonomiese welvaart in dié tyd aan vlotvaarders te danke gehad wat die Loisach-rivier as waterweg gebruik het. Eers in die tyd van die Dertigjarige Oorlog het vir die twee nedersettings 'n periode van ekonomiese agteruitgang begin.

Vandag is Garmisch-Partenkirchen 'n gewilde toeristeoord, veral vanweë sy natuurskoon en die nabygeleë bergpiek Zugspitze, die hoogste punt van Duitsland op 2 962 meter bo seevlak. Argitektoniese besienswaardighede sluit historiese huisfasades met kleurryke muurskilderye (Lüftlmalereien), die Romaans-Gotiese Alte Kirche (Ou Kerkgebou) uit die 13de eeu en die Barokstylkerk St. Martin in Garmisch en die Werdenfelser Heimatmuseum, die middeleeuse Altes Haus en ander historiese geboue in Partenkirchen in.

Eksterne skakels

Tags:

BeiereDuitslandStadsregte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van Suid-AfrikaWerkloosheidOnderwysKompasLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaProbleemoplossingSelfvertrouePandora (mitologie)Zimbabwiese dollarAssimilasie (taalkunde)HomofoonEuropaKoolhidraatSelKoningsproteaKoöperasiestoriesGeprosesseerde kosBernice WestBynierSpanbandbrugBTWWoudDeelwoordHolocaustOnderwys in Suid-AfrikaUitstelGeweldRooibosLidwoordSolidariteitMasturbasieAlkoholismeGholfLewerDierUitskeidingMosesAfkappingstekenKrapSonvisTussenwerpselSkilpadGrondwet van Suid-AfrikaLys van visseDoelwitWoestynMenseregteVanadiumEkosisteemekologieEllipstekenWebjoernaalPersoonlikheidKwashiorkorSeksuele opwekkingPlastiekPablo PicassoRegardt van den BerghEnkelvoudige sinBloukraanvoëlSoogdierStudievaardighedeVlag van Suid-AfrikaKlankgreepLiefdeKonsonantGalblaasMalariaLikkewaanWysheidWolfCeresTuberkuloseUniegebouBoesmanDramaLeeu🡆 More