Gardameer

Die Gardameer (Italiaans Lago di Garda) is die grootste meer in Italië met 'n oppervlakte van 369,98 vierkante kilometer.

Gardameer
Gardameer
Satellietbeeld van die Gardameer
Gardameer
Ligging van die Gardameer
Koördinate:45°38′N 10°40′O / 45.633°N 10.667°O / 45.633; 10.667 10°40′O / 45.633°N 10.667°O / 45.633; 10.667
Ligging:Noord-Italië:
Trentino-Suid-Tirol (noorde)
Lombardye (weste)
Veneto (ooste)
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:369,98 km²
Gemiddelde diepte:136 m
Maksimum diepte:346 m
Volume:50,35 km³
Lengte:51,6 km
Breedte:16,7 km
Opvangsgebied:2 350 km²
Omtrek:158,4 km
Invloei:Sarca
Uitvloei:Mincio

Die meer is tussen die Italiaanse Alpe in die noorde en die uitgestrekte Poriviervlakte in die suide geleë.

Gardameer
Die Gardameer naby Torbole op 'n winternamiddag
Gardameer
Riva del Garda
Gardameer
'n Panoramiese uitsig oor Tremosine sul Garda
Gardameer
Malcesine, 'n nedersetting aan die Venetiese oosoewer (provinsie Verona). Landskapstonele soos hierdie word dikwels as 'n sintese tussen die noorde en suide beskryf
Gardameer
Die Gardameer in die Januarieson
Gardameer
Laaste strale van die Januarieson oor die Gardameer, soos gesien vanuit die Panganella-massief

Die meer en sy oewerlyn maak deel uit van die Italiaanse provinsies Verona in die suidooste, Brescia in die suidweste en Trentino in die noorde. Die meer is tydens die laaste ystydperk deur die water van smeltende gletsers gevorm. Vandag is dit 'n belangrike toeristebestemming met 'n hoogs ontwikkelde infrastruktuur van vakansieoorde en hotelle langs sy oewers.

In 268 het 'n deurslaggewende slag naby die Gardameer (destyds onder sy Latynse naam Lacus Benacus bekend) plaasgevind waartydens Romeinse troepe 'n leër van Alemanniese krygers verslaan het.

Landskapsvorme en geologie

Geskiedenis is die verbindende element tussen die drie verskillende landskapsvorme in die gebied van die Gardameer - die suidelike Alpynse bergwêreld van Trentino, die onmiddellike omgewing van die Gardameer met sy Mediterreense karakter, en die uitgestrekte Povlakte met Verona en Brescia as die grootste stedelike nedersettings in die nabyheid.

Die Gardameer is geologies die jongste van hierdie landskappe wat gedurende die laaste kouetydperk sowat 10 000 jaar gelede gevorm is toe gletsersmeltwater groot mere in die noorde van Italië laat ontstaan het. In die grootste en waterrykste valleie het gletsermorene as natuurlike damwalle bygedra tot die vorming van uitgestrekte mere. Die Alpe is al 60 miljoen jaar gelede geplooi, terwyl ook die magtige Povlakte reeds voor die begin van die ystydperk deur sedimente uit die berge gevorm is.

Klimaat

Die Gardameer is in die binnelandse Mediterreense klimaatsone geleë. Die Gardone Riviera teen die suidwes-oewer van die meer beskik oor die mees gematigde klimaat noord van die Apennyne-bergreeks. Die sogenaamde Ora, 'n termiese wind, sorg op namiddae daarvoor dat daar 'n gereelde lugbeweging is wat die noordelike Gardameer tussen Torbole en Malcesine besonder aantreklik maak vir windseilgeesdriftiges.

Wynbou

Garda is 'n streek waar wyne van oorsprong (Italiaans: Denominazione di origine controllata, DOC) verbou word. Die plaaslike wingerde lewer wit-, rooi- en roséwyn op. Die wynstreek sluit 25 dorpe in die provinsie Brescia, 6 in die provinsie Mantua en 40 in die provinsie Verona in. Amptelike kultivare is Barbera, Cabernet Franc, Cabernet Sauvignon, Chardonnay, Cortese, Merlot, Pinot Blanc, Pinot Noir, Pinot Gris en Riesling. Die wynbougebiede van die DOC is Riviera del Garda Bresciano, Lugana, San Martino della Battaglia en Bardolino.

Besienswaardighede

Die Grotte van Catullus is aan die suidelike oewer van die meer geleë.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Gardameer Landskapsvorme en geologieGardameer KlimaatGardameer WynbouGardameer BesienswaardighedeGardameer VerwysingsGardameer Eksterne skakelsGardameerAlpeItaliaansItaliëPovlakte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SydneyEnsiklopedieKolorektale kankerNasiebouKonjunktivitis1990RegeringTatoeëermerkWoordGeslagFacebookMaatskappySuikersiekteMenseregteBevolkingE-posWolfSirkelSeegolfWiki CommonsDrie-eenheidAgtervoegselSekondêre sektor van die ekonomieAlliterasieKoperSebraSuiwelprodukNederlandsHoenderTrappe van vergelykingMIVDurbanLys van kinderspeletjiesOorkruipersDemografie van Suid-AfrikaHerpes simplexJaarMenstruasieSoogdierGrondwetHannes van WykNag van die lang messeBlourokkeTrekarbeidSatellietLys van nedersettings in Suid-AfrikaSpelerposisies in rugbyWieg van die MensdomVars waterNatuurbewaringErfenisHeuningbyRekeningkundePlantluisWaarheid-en-versoeningskommissieWelwitschiaBrandmondsindroomSimboolOmtrek, oppervlakte en volumeInflasieDuitslandRumatiekPrivaat maatskappyNierSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeBiodiversiteitNederlandLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaFisiese oefeningSteenkool in Suid-AfrikaSkoenlapperKinderregteD.J. Opperman🡆 More