Fylke

Die Noorse woord fylke (meervoud: fylker) verwys na 'n administratiewe eenheid van die Koninkryk Noorweë wat - ná die nasionale regering in die hoofstad Oslo - die tweede vlak van die administratiewe hiërargie vorm.

As 'n eenheidstaat is Noorweë - benewens die gebiede Svalbard en Jan Mayen wat albei 'n spesiale status geniet - in 1975 in 19 provinsies of fylker verdeel om 'n administratiewe vlak tussen die munisipaliteite (Noors: kommuner) en die sentrale regering te skep.

Fylke
Noorweë word in administratiewe opsig in 15 provinsies of fylker verdeel

Historiese agtergrond

Noorweë is voor en tydens die Wiking-tydperk en gedurende die Middeleeue in sogenaamde fylker verdeel. Die naam fylke (Oudnoors fylki) is in etimologiese opsig afgelei van die woord folk (letterlik "volk"). Sommige fylker is na die konings vernoem wat hierdie heerskappye gestig het, terwyl ander name na die plaaslike bewoners of landskap verwys het.

Voor die vereniging van die Koninkryk Noorweë in die 9de eeu was daar omtrent dertig klein heerskappye in die latere ryksgebied wat elkeen oor sy eie koning en ting (die tradisionele volksvergadering) beskik het.

Die Yslandse skrywer Snorre Sturlason vertel in sy Heimskringla dat daar in die tydperk, toe koning Harald Hårfagre Noorweë onder sy heerskappy verenig het, agt konings in die agt Trøndelagsfylker, twee in Namdal, een op Nordmøre, een in Romsdal, een op Sunnmøre, een in Fjordane, een in Hordaland, een in Rogaland, een in Agder, twee in Telemark, een in Vingulmark en een in Alvheim geregeer het. Die koninkryke Sogn, Vestfold, Romerike, Hadeland (met Toten en Land) en Ringerike het hy saam met die helfte van Hedmarken, wat hy later saam met Gudbrandsdal volledig onder sy heerskappy gebring het, van sy vader Halvdan Svarte geërf.

Voor die vereniging van Noorweë tot 'n eenheidsstaat is die fylker as selfstandige ryke deur hul eie heersers geregeer. Ná die stigting van 'n gemeenskaplike koninkryk is die fylker omgeskep tot sogenaamde jarledømmer, adellike heerskappye wat elkeen deur 'n jarl (hoë adellike, meervoud: jarler) geregeer is. Hierdie edelmanne is deur die koning benoem. Op die derde regeringsvlak - ná die kroon en jarler - het plaaslike heersers en vasalle die deelgebiede van elke fylke geadministreer.

Fylke 
Die Noorse Ryksmonument Haraldshaugen in Haugesund. Die gedenkteken staan plaaslik ook as Haraldstøtten bekend

Die grootste deel van Noorweë is geleidelik in vier tingkretser (administratiewe geweste) verdeel waarvan elkeen sy jaarlikse tingsamling (wetgewende vergadering) gehou en sodoende ook oor sy eie wetgewing beskik het. Hierdie geweste was in chronologiese volgorde: Gulatinget op Vestland, Frostatinget in Trøndelag, Eidsivatinget in Oppland en Borgartinget in Viken. Elke tingkrets is weer onderverdeel in fylker, wat in die meeste gevalle met die klein heerskappye van voor die ryksvereniging ooreengekom het. In Hålogaland en ander gebiede van die sogenaamde Norgesveld (streke en eilande buite Noorweë se tingkretser wat onder Noorse heerskappy gekom het) het die ou fylkestingene of plaaslike vergaderings as administratiewe stelsel bly voortbestaan, of hulle het die status van skatteland (belastingpligtige gebied) gekry.

By die nasionale monument ter herdenking van die Noorse ryksvereniging, Haraldshaugen in Haugesund, is 'n 17 meter hoë gedenkteken oor die graf van koning Harald Hårfagre opgerig wat deur 29 kleiner monumente omring word. Elkeen van die monumente versinnebeeld een van die ou fylker wat deur die koning onderwerp is en dra ook 'n inskrif met die naam van die historiese provinsie waarvandaan dit afkomstig is.

Die meeste historiese fylker en hul name leef voort in die huidige distrikte van Noorweë. Die Laat-Middeleeuse administratiewe verdeling in syssler, len en fogderier was grotendeels gegrond op die ou fylker. Hierdie praktyk is ook nie verander toe die meeste gebiede vanaf die 17de eeu by groter administratiewe eenhede (amter) ingesluit is nie. In 1919 is die naam amt vervang met fylke. Sodoende het die historiese term fylke in die moderne tydperk na groter administratiewe eenhede begin verwys as in die Middeleeuse (alhoewel die Middeleeuse fylker ten opsigte van hul oppervlakte sterk gevarieer het).

Huidige fylker

Nommer
(ISO 3166-2:NO)
Naam van fylke Admin. sentrum Bevolking Oppervlakte in km2 Aantal kommuner Kaart Wapen Taalvorm Ordfører Party Fylkesmann
01 Østfold Sarpsborg 268 182 4 181,56 18 Fylke  Fylke  Bokmål Ole Haabeth Ap Anne Enger
02 Akershus Oslo 525 871 4 917,97 22 Fylke  Fylke  onsydig Nils Aage Jegstad H Hans J. Røsjorde
03 Oslo Oslo 573 388 453,98 1 Fylke  Fylke  onsydig Fabian Stang H Felles med Akershus
04 Hedmark Hamar 189 965 27 397,01 22 Fylke  Fylke  onsydig Arnfinn Nergård Sp Sigbjørn Johnsen
05 Oppland Lillehammer 184 103 25 192,01 26 Fylke  Fylke  onsydig Audun Tron Ap Kristin Hille Valla
06 Buskerud Drammen 253 977 14 909,92 21 Fylke  Fylke  onsydig Roger Ryberg Ap Kirsti Kolle Grøndahl
07 Vestfold Tønsberg 228 707 2 223,71 14 Fylke  Fylke  Bokmål Per-Eivind Johansen H Mona Røkke
08 Telemark Skien 167 362 15 299,19 18 Fylke  Fylke  onsydig Gunn Marit Helgesen H Kari Nordheim-Larsen
09 Aust-Agder Arendal 107 145 9 156,93 15 Fylke  Fylke  onsydig Laila Øygarden Ap Svein Åril (kst.)
10 Vest-Agder Kristiansand 167 713 7 276,23 15 Fylke  Fylke  nøytral Thore Westermoen KrF Ann-Kristin Olsen
11 Rogaland Stavanger 418 842 9 377,72 26 Fylke  Fylke  onsydig Tom Tvedt Ap Harald Thune (kst.)
12 Hordaland Bergen 468 045 15 460,42 33 Fylke  Fylke  Nynorsk Torill Selsvold Nyborg KrF Svein Alsaker
13 word nie gebruik nie
14 Sogn og Fjordane Leikanger 106 336 18 622,79 26 Fylke  Fylke  Nynorsk Nils R. Sandal Sp Oddvar Flæte
15 Møre og Romsdal Molde 248 276 15 121,04 36 Fylke  Fylke  Nynorsk Olav Bratland H Ottar Befring
16 Sør-Trøndelag Trondheim 285 866 18 847,50 25 Fylke  Fylke  onsydig Tore O. Sandvik Ap Kåre Gjønnes
17 Nord-Trøndelag Steinkjer 130 503 22 412,33 24 Fylke  Fylke  onsydig Gunnar Viken H Inger Lise Gjørv
18 Nordland Bodø 234 975 38 456,08 44 Fylke  Fylke  onsydig Mariette Korsrud Ap Ola Bjerkaas (kst.)
19 Troms Tromsø 155 292 25 877,36 25 Fylke  Fylke  onsydig Terje Olsen H Svein Ludvigsen
20 Finnmark Vadsø 72 473 48 617,73 19 Fylke  Fylke  onsydig Runar Sjåstad Ap Gunnar Kjønnøy

Verwysings

Tags:

HoofstadJan MayenNoorsNoorweëOsloSvalbard

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KunsNederduitsch Hervormde KerkTolla van der MerweOrrelLys van bekende Suid-AfrikanersDroomDialoog in fiksieIdioomDundermHernubare energieJanie du PlessisOutismeGroot GatPornografieOopbroninhoudMisdaadGeskiedenis van Suid-AfrikaSinoniemNieuwoudtvilleKappie (skryfteken)Kwame NkrumahBreingewasHomofoonKangaroeBelgiëSarel Jacob PretoriusViëtnamLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Pad na jou hartResensieKookpuntSelfieBynierWoordsoortEugenetikaDemi Lee MooreVryheid van spraakTradisionele Afrika-medisyneThabo MbekiPinksterDoopDepressie (gemoedstoestand)KommunismeHindoeïsmeCalviniaHomoniemAppel (sanger)AardedagSwartrenosterChristiaan BarnardBoer Soek 'n VrouAkwariumCovid-19-pandemieHibernasieKaapse florarykKaartSoweto-opstandSebraMark (ekonomie)DonderstormRieldansAustraliëVakbondSkarlakenkoorsBloeddrukHaelBewaringstatusGeslagWitbloedselKasterolieVerkoueConsolidated B-24 LiberatorOmtrek, oppervlakte en volumeSharpeville-slagtingEjakulasieTelevisie🡆 More