Fumio Kishida: Japannese politikus

Fumio Kishida (岸田 文雄, Kishida Fumio?, gebore 29 Julie 1957) is 'n Japannese politikus wat sedert 4 Oktober 2021 as die Eerste minister van Japan dien.

Hy dien ook sedert 29 September 2021 as President van die Liberaaldemokratiese Party (LDP). Hy is 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers, en het voorheen as Minister van Buitelandse Sake gedien van 2012 tot 2017 en as waarnemend Minister van Verdediging in 2017. Van 2017 tot 2020, was hy ook die voorsitter van die LDP se Beleid Navorsing Raad.

Fumio Kishida
Fumio Kishida
Kishida in 2021

Ampsbekleër
Termynaanvang
16 September 2020
Vise Tarō Asō
Monarg Naruhito
Voorafgegaan deur Yoshihide Suga

President van die Liberaal-Demokratiese Party
Ampsbekleër
Termynaanvang
29 September 2021
Vise Tarō Asō
Voorafgegaan deur Yoshihide Suga

Lid van die Japannese Huis van Verteenwoordigers vir Hirosjima
Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Oktober 1996
Voorafgegaan deur Kiesafdeling gestig
Ampstermyn
18 Julie 1993 – 27 September 1996

Persoonlike besonderhede
Gebore 29 Julie 1957 (1957-07-29) (66 jaar oud)
Shibuya, Tokio, Japan
Politieke party Liberaaldemokratiese Party
Eggenoot/-note Yuko Kishida
Kind(ers) 3
Alma mater Waseda-universiteit
Handtekening Fumio Kishida: Biografie, Politieke loopbaan, Eerste minister van Japan

Hy het die LDP leierskap verkiesing gewen met 60.2% van die stemme teen Taro Kono, en het die vorige partyleier, Yoshihide Suga, op 4 Oktober 2021 as Japannese eerste minister opgevolg.

Biografie

Kishida is op 29 Julie 1957 tot 'n politieke gesin in Sjibuja, Tokio, gebore. Sy pa, Fumitake Kishida, was 'n staatsamptenaar in die Ministerie van Ekonomie, Handel en Nywerheid en direkteur van die agentskap vir klein en medium ondernemings. Aangesien die Kishida-familie van Hirosjima was, het die gesin elke somer daarheen teruggekeer. Baie lede van die Kishida-familie het in die atoombomaanval gesterf en Fumio het grootgeword met verhale van die atoombomoorlewendes. Beide sy pa Fumitake en oupa Masaki Kishida was lede van die Huis van Verteenwoordigers. Die voormalige minister van ekonomie, handel en nywerheid Yoichi Miyazawa is sy neef terwyl die voormalige premier Kiichi Miyazawa 'n verre familielid van hom is.

Kishida het by die P.S. 013 Clement C. Moore-laerskool in die Elmhurst-woonbuurt van Queens, New York, skoolgegaan omdat sy pa in die Verenigde State gewerk het. In Japan het Kishida Laerskool Kōjimachi en die Kōjimachi Junior Hoërskool bygewoon. Kishida het aan die Kaisei Akademie gegradueer, waar hy in die bofbalspan gespeel het.

Na verskeie verwerpings deur die Universiteit van Tokio, het Kishida regte aan die Waseda-universiteit gestudeer en in 1982 gegradueer. By Waseda was hy vriende met toekomstige politikus Takeshi Iwaya.

Politieke loopbaan

Nadat hy vir die Long-Term Credit Bank of Japan gewerk het en daarna 'n sekretaris van 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers was, is Kishida in die algemene verkiesing van 1993 tot die Huis van Verteenwoordigers vir Hirosjima se 1ste distrik verkies.

Kishida het van 2007 tot 2008 as Minister van Okinawa-sake gedien, eers in die Abe-kabinet en toe later in die Fukuda-kabinet. Hy is in 2008 as staatsminister in beheer van verbruikersake en voedselveiligheid aangestel. Kishida was ook staatsminister in beheer van wetenskap en tegnologie in die Fukuda-kabinet.

Hy was 'n bondgenoot van Makoto Koga, die leier van die Kōchikai-faksie binne die LDP, en het in Oktober 2012 beheer daaroor oorgeneem nadat Makoto Koga sy uittrede uit die politiek aangekondig het.

Abe-regering

Na die LDP se oorwinning in die algemene verkiesing van 2012, is Kishida op 26 Desember 2012 as minister van buitelandse sake in die kabinet van premier Shinzō Abe aangewys. Hy het die langsdienende minister van buitelandse sake in die naoorlogse geskiedenis geword, en het Abe se pa, Shintaro Abe, verbygesteek. Hy het gehelp om Amerikaanse president Barack Obama se historiese besoek aan Hirosjima in Mei 2016 te reël, en het aandag in 2017 gekry toe hy saam met die komediant Piko Taro verskyn het om 'n Verenigde Nasies-program te bevorder.

In 2017 het Kishida die Kabinet verlaat om die voorsitterskap van die LDP Beleidsnavorsingsraad oor te neem, 'n posisie wat tradisioneel gesien word as 'n stapsteen na die leierskap van die party. Hy het hierdie pos gesoek om sy kanse om Abe op te volg te verbeter, aangesien die minister van buitelandse sake relatief min invloed binne die party gehad het.

Kishida het dit oorweeg om aan die 2018 LDP-presidensiële verkiesing deel te neem, maar hy is deur Abe oorreed om nie deel te neem nie, met 'n voorstel dat Abe later Kishida as sy opvolger sou ondersteun. Teen middel 2020 het verskeie senior LDP-parlementslede hul steun van Kishida na Yoshihide Suga, hoofsekretaris van die kabinet, verskuif. Kishida het aan die 2020 LDP-presidensiële verkiesing deelgeneem, maar het verloor teen Suga, wat daarna eerste minister geword het; Kishida is nie 'n pos in die Suga-kabinet aangebied nie, hoewel sy faksie twee kabinetsetels gekry het.

Eerste minister van Japan

Na Yoshide Suga se aankondiging op 3 September 2021 dat hy sou bedank, na lae goedkeuringsgraderings (op 'n stadium onder 30%), en 'n nuwe vlaag van COVID-19-infeksies, was Kishida en Taro Kono van Shikōkai-faksie begunstig om hom op te volg.

Suga se besluit om nie herverkiesing te soek as hoof van die LDP het in September weer 'n leierskapsverkiesing veroorsaak, net 'n bietjie meer as 'n jaar ná die vorige verkiesing in 2020. Kono was deur die wedloop sterk bevoordeel om te wen, aangesien hy in die eerste plek in verskeie LDP-peilings was.

Op 29 September 2021 het Kishida vir Taro Kono verslaan om die leier van die regerende Liberaldemokratiese Party (LDP) te word en die uittredende partyleier Yoshihide Suga op te volg. Hy het altesaam 257 stemme (60,19%) van 249 parlementêre lede en agt senior lede ontvang om Japan se volgende eerste minister te word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Fumio Kishida BiografieFumio Kishida Politieke loopbaanFumio Kishida Eerste minister van JapanFumio Kishida VerwysingsFumio Kishida Eksterne skakelsFumio KishidaEerste minister van JapanHulp:Japanees

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoggelmanderMikro-ekonomieOopbroninhoudIngenieursweseLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWilna SnymanWater (molekuul)StaalNierBesoedelingWalt DisneyWindkragKalsiumGrondbesoedelingVakbondPornografiese akteurMagda van BiljonNederduitse Gereformeerde KerkWikimedia-stigtingBruin menseDie GelofteKarooSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieWaterVaalrivierLys van Suid-Afrikaanse skrywersGNU-lisensie vir vrye dokumentasieInstagramCutt GlasAmandelKriekKunsmisYouTubeHeks van HexrivierGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHidroëlektrisiteitRobbeneilandVisAt BothaNag van die lang messeFopnuusBysteekOnderwys in Suid-AfrikaMusieksimboleVerenigde KoninkrykPeriodieke tabelAluminiumTaylor SwiftOutismeSomerMolekuulGeldOlimpiese Somerspele 2024Deon MeyerKlimaatveranderingWeer (meteorologie)BloeddrukSpysverteringstelselOranjerivierNiemetaalFilosofieSeksuele opwekkingGalileo GalileiVerkleurmannetjieVoegwoordPersKameelperdMonopolieMeningsverskil oor aardverwarmingJagluiperdDemi Lee MooreMobutu Sese SekoJesus van NasaretAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLHemelvaart🡆 More