Friedrich Wilhelm Joseph von Schelling (27 Januarie 1775 – 20 Augustus 1854) was 'n Duitse filosoof.
Historici plaas Schelling in die middel van die Duitse idealisme, êrens tussen Johann Gottlieb Fichte, sy mentor voor 1800 en Georg Wilhelm Friedrich Hegel, sy vorige kamermaat en vriend. Om Schelling se filosofie te vertolk is nie 'n maklike taak nie, omdat hy op 'n tipiese proteaanse denkwyse gereeld van onderwerp verander het. Nogtans word hy as 'n belangrike denker in die opkoms van Idealisme beskou. Sy filosofie dek temas soos menslike vryheid, die absolute en die verhouding tussen mens en natuur.
Friedrich Schelling | |
Geboortenaam | Friedrich Wilhelm Joseph Schelling |
---|---|
Gebore | 27 Januarie 1775 Leonberg, Württemberg, Heilige Romeinse Ryk |
Oorlede | 20 Augustus 1854 (op 79) Bad Ragaz, Switserland |
Vakgebied | natuurlike filosofie, natuurwetenskap, estetika, metafisika, epistemologie, filosofie van godsdiens |
Beïnvloed deur | Plato, Böhme, Baruch Spinoza, Leibniz, Kant, Jacobi, Herder, Goethe, Hölderlin, Fichte, Kielmeyer |
Invloed op | Hegel, Coleridge, Ast, Kierkegaard, Jung, Heidegger, Tillich, Peirce, Goethe, Fackenheim, Slavoj Žižek , Secrétan, I. Bernays, Krause, Ravaisson, Cousin, Grant, Hâjdeu |
Schelling is gebore te Leonberg in Württemberg, Duitsland. Hy gaan eers skool in die klooster skool van Bebenhausen naby Tübingen, waar sy vader 'n kapelaan en 'n professor was. Daarna het hy ingeskryf by die Tübinger Stift (kweekskool van die Protestantse Kerk in Württemberg), waar hy met die filosowe Georg Hegel en Friedrich Hölderlin bevriend geraak het. In 1792 het hy het hy by die filosofiese fakulteit gegradueeer en in 1793 tot Heinrich Eberhard Gottlob Paulus se Memorabilien bygedra. In 1795 het hy die verhandeling vir die teologiese graad, De Marcione Paullinarum epistolarum emendatore, voltooi. Intussen het hy ook begin om die werke van Immanuel Kant en Johann Gottlieb Fichte te bestudeer. Beide se werke sou hom inspireer en het sy eie werke beïnvloed.
Na hy vir twee jaar twee jeugdige aristokrate onderrig het, is hy in die somer van 1789 op die ouderdom van 23 jaar as buitengewone professor aan die Universiteit van Jena aangestel. Hy het teen die tyd al verskeie artikels en resensies vir die Tydskrifte van Fichte en Friedrich Immanuel Niethammer bygedra, terwyl hy hom ook in die natuur- en mediese wetenskappe begin bestudeer het. In 1796 publiseer hy die Briefe über Dogmatismus und Kritizismus, 'n kritiek op Kant se filosofiese stelsels. In 1797 publiseer hy die essay getiteld Neue Deduction des Naturrechts wat tot 'n mate Fichte se sieninge in Grundlage des Naturrechts, gepubliseer in 1796, vooruitloop, maar nie voordat Schelling se essay ontvang is deur die redakteurs van die joernaal nie. Sy studies van die natuurwetenskap word uiteengesit in Ideen zu einer Philosophie der Natur (1797), en sy tesis Von der Weltseele (1798).
Wiki Commons bevat media in verband met Friedrich Wilhelm Schelling. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Friedrich Schelling, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.