Freesia: Plantgenus

Freesia is 'n genus van knolagtige, meerjarige plante (bekend as geofiete) wat hoort tot die familie Iridaceae.

Die genus is vernoem na die Duitse botanikus Friedrich Freese (1795-1876).

Freesia
Freesia: Plantgenus
Gekweekte freesia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Familie:
Genus:
Eckl. ex Klatt
Spesies

Sien teks

Sinonieme
  • Anomatheca Ker Gawl.
  • Nymanina Kuntze

Freesias (ook genoem kammetjies) is klein kruidgewasse met ondergrondse knolletjies in 'n verskeidenheid kleure, maar hoofsaaklik wit, geel, liggeel en soms ook ligpers met pers vlekke.

Die sewentien Freesia-spesies wat inheems (vyftien is endemies) in Suid-Afrika is word reeds die afgelope 200 jaar gekweek, maar veral die laaste 60 jaar is groot welslae met die kweek van nuwe hibrides behaal. Daarom is die hedendaagse variëteite byvoorbeeld meer gehard en word groter blomme op langer en sterker stingels gedra.

Die sewentien Freesia-spesies wat in Suid-Afrika aangetref word is meestal bekend onder die volksname "aandblommetjie" en "kammetjie", terwyl Freesia corymbosa ook flissie, Freesia leichtlinii geelpypie en Freesia andersoniae bergaandblommetjie genoem word. Freesia refracta, in 'n verskeidenheid variëteite en kruisings, is een van die soorte wat baie gekweek word. Freesias word ook op groot skaal in Nederland as snyblomme vir die uitvoermark gekweek omdat dit so lig is om te vervoer.

Ter onderskeiding van die gekweekte plant word die veldblom ook soms wildefreesia genoem, ook bekend as kammetjie. Dit is knolplante met fraai, meestal wit, geel of pers blommetjies. Hulle word veral as snyblomme gekweek. Freesias se blare is lynvormig en word in twee rye gedra. Die bloeiwyse is gesteel en kamvormig en dra 'n aantal welriekende blomme.

Die knolletjies moet in Maart sowat 5 cm diep en 5 cm uit mekaar in vrugbare en goed gedreineerde grond geplant word. Die plante moet teen ryp beskerm word. Hoewel freesias halfskadu verkies, moet hulle wel ʼn bietjie sonlig kry. Hulle moet ook versigtig water gegee word. Om te keer dat hulle plat gespuit word, kan hulle met takkies gestut word of toegelaat word om deur ogiesdraad te groei. Hulle vertoon veral baie mooi as hulle tussen lae eenjarige plante soos lobelias geplant word.

Spesies van die voormalige genus Anomatheca is nou by Freesia ingesluit.

Spesies

Bronne

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

1991Gewone luislangModernismeErica RhodesMenslike penisgrootteGeelslangRepubliek ArtsachLys van Afrikaanse rolprenteIranEreksieCleopatra VIIGoogleBaltimoreBosluisTurkyeKatEucalyptusGrasfamilieDonker materieA.J. ApplegateAfrikaanse naguilOrale seksKolitisWikipediaBorsklierPG du PlessisLiefde2023Noord-KaapSigaretKoue OorlogBasisinkomsteAntieke EgipteSirkelMoslemNamakwalandHoofpynWhitey BassonWet op NaturellengrondDoopTropiese sikloonSuikersiekteEkostelselBosluisbytkoorsGeorgiëKoppeltekenWeeluisTobie CronjéJo BlackParysSwitserlandPerdLetterlike en figuurlike taalgebruikApostoliese GeloofsbelydenisKrokus Stadsaal-aanvalMartin BesterLeeuByGeskiedenis van AfrikaansBloeddrukMarga van RooyPolitieke partyNatuurbewaringFinlandLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSolidariteitAfrikaanse Wikipedia🡆 More