Frederik X Van Denemarke: Koning van Denemarke

Frederik X (Frederik André Henrik Christian; gebore 26 Mei 1968) is sedert 2024 die koning van Denemarke.

Hy is die oudste seun van koningin Margrethe II (1972-2024) en Henrik, die prinsgemaal.

Frederik
Koning van Denemarke
Frederik X as kroonprins van Denemarke in 2018
Frederik X as kroonprins van Denemarke in 2018
Periode 14 Januarie 2024 – hede
Voorganger Margrethe II
Volle naam Frederik André Henrik Christian
Bynaam Pingo
Huis Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
Gebore 26 Mei 1968 (1968-05-26) (55 jaar oud) , Kopenhagen
Vrou Mary Donaldson
Kinders Christian, Isabella, Vincent, Josephine
Moeder Margrethe II
Vader Henri de Laborde de Monpezat
Diens Frederik X Van Denemarke: Vroeë lewe, Belangstellings, Verwysings Deense weermag
Frederik X Van Denemarke: Vroeë lewe, Belangstellings, Verwysings Deense vloot
Jare 1986 - 2024

Koningin Frederik X se amptelike slagspreuk is: Verenig, toegewyd, vir die Koninkryk van Denemarke.

Vroeë lewe

Frederik X Van Denemarke: Vroeë lewe, Belangstellings, Verwysings 
Frederik as ’n baba in sy ma se arms.

Frederik is op 26 Mei 1968 in Kopenhagen gebore toe sy ma nog prinses Margrethe was, die oudste dogter van Frederik IX en vermoedelike opvolger van die Deense troon. Met sy geboorte was sy oupa aan moederskant, Frederik IX, op die troon van Denemarke en sy oupagrootjie aan moederskant, Gustaf VI Adolf, op die troon van Swede. Hy het die kroonprins geword toe sy ma op 14 Januarie 1972 die troon bestyg.

Sy peetouers sluit in prins Georg van Denemarke, baron Maximilien de Wattevill-Berckheim, graaf Etienne de Laborde de Monzepat, koningin Anne-Marie van Griekeland, groothertogin Joséphine-Charlotte van Luxemburg en Birgitta Juel Hillingsø. Hy is genoem na:

  • Sy oupa van moederskant, Frederik IX, wat dus die koninklike tradisie volg om die troonopvolger òf Frederik òf Christian te noem.
  • Sy oupa aan vaderskant, André de Laborde de Monzepat.
  • Sy pa, prins Henrik.
  • Sy oupagrootjie Christian X.

Benewens Deens, sy moedertaal, praat hy ook vlot Frans (sy pa se moedertaal), Engels en Duits.

Die koning het die grondslagfaseskool by Krebs' Skole in 1974-1981 bygewoon, van 1974-1976 as privaat leerling by die Amalienborgpaleis. Na sy skoolloopbaan het hy in 1989 begin met ’n kursus in staatsleer aan die Aarhus-universiteit. Dit het ’n jaar aan Harvard (1992-1993) ingesluit onder die naam Frederik Henriksen, waarna hy drie maande lank by die Deense VN-sending in New York gewerk het. In 1995 het hy sy M.Sc.-graad in staatsleer verwerf. Sy finale proefskrif het gehandel oor ’n ontleding van die buitelandse beleid van die Baltiese lande, wat hy tydens sy studie verskeie kere besoek het.

Frederik het uitgebreide studie en opleiding in al drie weermagdienste voltooi. Hy was daarna aktief in die verdedigingsmagte. Hy het verskeie range, onder meer generaal-majoor in die leër.

Frederik X Van Denemarke: Vroeë lewe, Belangstellings, Verwysings 
Frederik en sy vrou, kroonprinses Mary, by die troue van Victoria, kroonprinses van Swede, en Daniel Westling.

Op 8 Oktober 2003 het koningin Margrethe amptelik haar toestemming gegee vir sy troue met Mary Elizabeth Donaldson, ’n Australiese bemarkingskonsultant wat die prins ontmoet het terwyl hy die Olimpiese Somerspele 2000 in Sydney bygewoon het. Hulle is op 14 Mei 2004 in Kopenhagen getroud. Die paartjie het vier kinders: Christian, sy erfgenaam; Isabella; Vincent; en Josephine.

Belangstellings

Frederik X Van Denemarke: Vroeë lewe, Belangstellings, Verwysings 
Frederik en Mary bewonder die naghemel by ESO se sterrewag in Chili.

Frederik stel baie belang in wetenskaplike navorsing, klimaatsverandering en volhoubaarheid. Hy het al aan ekspedisies, forums en gebeure oor die klimaat deelgeneem en onderhoude toegestaan oor volhoubaarheid.

Die prins moedig Dene aan om aan sport deel te neem. Hy is die beskermheer en erelid van verskeie sportorganisasies, en lid van die Internasionale Olimpiese Komitee.

Hy is self ’n geesdriftige sportman, wat aan marathons in Kopenhagen, New York en Parys deelneem. In 2013 was hy die eerste koninklike wat ’n Ystermankompetisie voltooi het.

Hy is ook ’n ervare see- en drakebootvaarder wat al kompetisies gewen het.

Simbole van koning Frederik X

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Frederik X Van Denemarke Vroeë leweFrederik X Van Denemarke BelangstellingsFrederik X Van Denemarke VerwysingsFrederik X Van Denemarke Eksterne skakelsFrederik X Van Denemarke1968202426 MeiDenemarkeMargrethe II van Denemarke

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Helga UysMaagDoopNazi-DuitslandChemiese elementHoofkarakterOntkiemingSteentydperkKompasBrandmondsindroomRooilipslangRivierSuid-Afrikaanse MenseregtekommissiePols-oksimeterBiodiversiteitOranjerivierBokmakierieGNU/FDL-lisensieLourensrivierSuid-Afrikaanse RugbyuniePersOu Apostoliese KerkPoesPrimêre sektor van die ekonomieMaagsweerNatuurrampErdwurmMikro-ekonomieGenadedoodLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSkoenlapperRandall WicombSwawelVeeartsVaste stofProsaIvan ZimmermannGriekse mitologieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMusiekNagapieSpringbokkeTranspirasieIngenieursweseEmfiseemAborsieSaartjie BaartmanOseaanbesoedelingLuiperdSywurmManie JacksonAfrikaanse taalleerKunsmatige intelligensiePseudowetenskapLys van politieke partye in Suid-AfrikaNadia ValvekensLys van landeVolstruisLys van medisinale kruieEnkelvoudige sinWiskundeSelfieSuikerbekkiesIndiese OseaanAdolessensieMenslike penisgrootteAdolf HitlerLys van lande volgens bevolkingEugenetikaMangelontstekingTatoeëermerkMaanOrgasmeWaar ruwe rotseBonné de Bod🡆 More