Freatiese Uitbarsting

'n Freatiese uitbarsting, ook 'n freatiese ontploffing genoem, kom voor wanneer magma in 'n vulkaan grond- of oppervlakwater verhit.

Freatiese Uitbarsting
'n Freatiese uitbarsting: 1. waterdampwolk, 2.  magmabuis, 3. lae lawa en as, 4. stratum, 5. watertafel, 6. ontploffing, 7. magmakamer.
Freatiese Uitbarsting
'n Freatiese uitbarsting in 1980 op die kruin van Mount Saint Helens, Washington.

Beskrywing

Die uiterse temperatuur van die magma in 'n vulkaan (tussen sowat 500 en 1 170 °C) veroorsaak die feitlik onmiddellike verdamping van water in stoom, wat lei tot die ontploffing van stoom, water, as, gesteente en vulkaanbomme.

Op Mount Saint Helens in die staat Washington het honderde stoomontploffings die Pliniese uitbarsting van die vulkaan in 1980 voorafgegaan.

As gesmelte lawa teenwoordig is, word dit geklassifiseer as 'n freatomagmatiese uitbarsting. 'n Soortgelyke, maar minder intense voorval kan 'n moddervulkaan veroorsaak.

Freatiese ontploffings sluit gewoonlik stoom en rotsstukke in; vloeibare lawa is ongewoon. Die temperatuur van die fragmente kan wissel tussen koud en gloeiend. Sulke uitbarstings skep soms breë, lae kraters bekend as maars. Freatiese uitbarstings kan gepaardgaan met die vrystelling van koolstofdioksied of waterstofsulfied. Genoeg van eersgenoemde kan 'n mens laat versmoor en laasgenoemde is 'n algemene gif.

'n Uitbarsting in 1979 op die eiland Java het 140 mense gedood, die meeste deur middel van giftige gasse.

Verwysings

Skakels

  • Freatiese Uitbarsting  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

GrondwaterMagmaVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Venda (taal)MangelontstekingSharpeville-slagtingMielieWolfDokterNasionaal-SosialismeErfenisdag (Suid-Afrika)Rudi ClaaseGrondwet van Suid-AfrikaSuurreënFotoLys van Afrikaanse skrywersSkaakHannes van WykDesimale breukeTussenwerpselChroniese siekteHamburgerGrondbesoedelingHadedaPreseminale vloeistofHindoeïsmeHoofstadBeurtkragMensSeekoeiNasionalismeSosiale mediaSuid-SothoToekoms van die AardeMenstruasieKatjieRacheltjie de BeerAardedagMuskeljaatkatAfrikaElon MuskC.J. LangenhovenLys van chemiese elemente volgens atoomgetalOlimpiese Somerspele 2012Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaJakobSuiwelprodukGeldNarsistiese persoonlikheidsteuringHeidelberg, GautengEweknienetwerkNederlandElandréKrieketCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPersoon (taalkunde)DriedimensioneelLeonardo da VinciGeslagsgelykheidSamestellende afleidingPerdIntensiewe vormBurgerregteMonopolieKoos BekkerEerste WêreldoorlogSlag van Cuito CuanavaleStedelike hitte-eilandBoelieryOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAartappelSteenkool in Suid-AfrikaLyfstraf in skoleProteïenDiepaartromboseSprokie🡆 More