Franse Riviera

Die Franse Riviera of Côte d'Azur (asuurblou kus) vorm die mees oostelike deel van die Mediterreense kus van Suid-Frankryk.

Dit is ’n gesogte deel van die Mediterreense kus en sluit die stede Nice en Cannes in.

Franse Riviera
Die Côte d'Azur
Franse Riviera
'n Kaart van die Côte d'Azur
Franse Riviera
Sonaanbidders aan die Côte d'Azur
Franse Riviera
Die promenade van Nice
Franse Riviera
Saint-Tropez

Die Franse Riviera strek van die stad Toulon in die weste tot by die Italiaanse grens in die ooste. Dit is 'n deel van die gewes (région) Provence-Alpes-Côte d'Azur en sluit die kuslyn van die départements Var en Alpes-Maritimes en die Vorstedom Monaco in. Naas Monaco is Cannes, Saint-Tropez, Menton, Antibes en Nice die mees bekende stede langs die kus.

Die kus het sy naam aan die asuurblou hemel te danke, en die gebied spog met meer as 300 sonskyndae per jaar.

Die Franse Riviera se agterland is bergagtig; die Alpe strek in die ooste tot by die kuslyn. 'n Ander bekende gebergte is die Massif des Maures. Die westelike deel van die kusgebied word deur rooi rotse gekenmerk.

Die Franse Riviera is een van die gewildste Franse vakansiebestemmings en lok ook baie buitelandse toeriste. 'n Groot aantal Europese bekendes en afgetredenes beskik oor villa's of woonstelle in die gebied.

Plekke

Plekke aan die Franse Riviera, van wes na oos:

Verwysings

Eksterne skakels

6°50′59″O / 43.36500°N 6.84972°O / 43.36500; 6.84972

Tags:

Asuur (kleur)CannesFrankrykKusMiddellandse SeeNice

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vaginale kankerSeksHabitatBysteekKwaZulu-NatalDoelwitBayer 04 LeverkusenKoolstofdioksiedDiamantbedryfOutismeBlaarGlobaliseringErektiele disfunksieDialoog in fiksieGrondwetGeografie van Suid-AfrikaDolfynAalwynVoëlKonsentrasiekampVoedingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGoudkus (streek)TandbederfBaälAarde se atmosfeerPakistanSkilpadImpakte van toerismeSonpaneelOorstromingDistrik SesStadSteve BikoDroogteLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKomplementêre kleureBobby van JaarsveldInligtingNasionalismeDesmond TutuLimpopo (rivier)PolisieDigvormLetterkundeSelfbeeldReënvalbepalingWeervoorspellingLandbouMenseregtedagPaddaEjakulasieTuberkuloseJaco JacobsDooie SeeMenslike seksuele gedragSeksuele penetrasieSinoniemVitamienKwikSuurstofSportFrederik Willem de KlerkSowjetunieFotosinteseLetterlike en figuurlike taalgebruikLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsErns GrundlingHoenderDeon MeyerWaterbesparing in Suid-AfrikaBelastingSeestroom🡆 More