Frank Anthony

Frank Anthony is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en is in 1940 gebore en word groot op Stellenbosch.

Lewe en werk

Hy word in 1972 in Pietermaritzburg in die historiese Native Commissioner's Court saam met twaalf ander beskuldigdes skuldig bevind ingevolge die Wet op Terrorisme van 1967 en tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, wat hy vanaf 1973 tot 1979 uitdien. Hiervan het hy die grootste gedeelte op die eilandgevangenis op Robbeneiland deurgebring.

Skryfwerk

In sy digbundel “robbeneiland my kruis my huis” verbreed hy die letterkunde deur in Afrikaans sy belewenis in die tronk op Robbeneiland weer te gee, ervaringe wat normaalweg slegs in Engels aangeteken is. In sy voorwoord tot die bundel vra Anthony dat sy gedigte as kuns gelees moet word, eerder as slegs politieke verset, aangesien dit bedoel is om 'n meer universele uiting van gevangeskap te wees. Hy sluit verskeie interessante voetnote in, waarin hy woorde wat algemeen op Robbeneiland gebruik is, verklaar. Verskeie kritici loof die emosionele impak wat die gedigte het, hoewel die bundel as poësie hoofsaaklik negatief beoordeel word. Sy gedig “Dobbelsteen” word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte”, terwyl fragmente uit die titelgedig opgeneem word in “Poskaarte” onder redaksie van Louise Viljoen en Ronel Foster.

Hy skryf ook in Engels en sy roman “The journey: The revolutionary anguish of Comrade B” verskyn in 1991 by Ravan Press. Hierin gee hy die hoop en die uiteindelike teleurstelling met die beplande revolusie weer.

Publikasies

1983 Robbeneiland my kruis my huis

1991 The journey: The revolutionary anguish of Comrade B

Ander Verwysings

  • Anthony, Frank “robbeneiland my kruis my huis” Kampen-Uitgewers Kasselsvlei
  • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
  • Willemse, Hein “Aan die ander kant” Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2007
  • Conradie, P.J.J. “Afrikaans: 'n eiland reik uit” “Stilet” Jaargang 5 no. 1, Maart 1993

Verwysings

Tags:

Frank Anthony Lewe en werkFrank Anthony SkryfwerkFrank Anthony PublikasiesFrank Anthony Ander VerwysingsFrank Anthony VerwysingsFrank AnthonySkrywerStellenboschSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Team Fortress 2KankerChristiaan BarnardSkooluniformSimon PetrusSuid-Afrikaanse randHamburgerDie ontstaan van die dramaOorkruipersVisOopbroninhoudLyfstraf in skoleCovid-19-pandemieTransatlantiese slawehandelVoorsetselRooibokArthur GrumiauxMasturbasieDoopKunselementeAngssteuringKonflik (proses)WiskundeMadison IvyLongOos-KaapVratKommunikasiePaulus van TarsusLangste woordDokterWêreld- Ekonomiese ForumBrendan PeyperSteenkoolSonnestelselMiteDikdermStereotipePolisieSinoniemPapierInligtingYstertydperkBoer Soek 'n VrouSportPlantKoorsblaarLenteWaterpokkiesWerkwoordSwartbewussynsbewegingVerenigde KoninkrykC. Louis LeipoldtWaarheid-en-versoeningskommissieMonopolyDistillasieTropiese sikloonKinkhoesOranje-VrystaatVakbondBoor (element)KoolhidraatErns GrundlingDesmond TutuHartversakingGeweldMielieSeksLeestekenBorskankerDialoog in fiksieArmoedeLemoenAsemhalingTydKimberley🡆 More