Four Jacks and a Jill is 'n Suid-Afrikaanse rockgroep.
Die groep sing hoofsaaklik in Engels, maar is ook bekend vir enkele Afrikaanse treffers soos Ramaja en Een, twee, drie.
Four Jacks and a Jill | |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Rock |
Jare aktief | 1964 tot nou |
Webwerf | http://www.4jacksandajill.co.za/ |
Die groep is in 1964 gestig, aanvanklik sonder 'n "Jill" en onder 'n ander naam. Later sluit die sangeres Glenys Lynne by hulle aan en die naam word aangepas. Die ander groeplede is Clive Harding (baskitaar), Till Hanamann (kitaar), Bruce Barks (kitaar), en Tony Hughes (dromme).
Hulle eerste groot treffer in Suid-Afrika was "Timothy". In 1968 betree hulle die Amerikaanse treffersparade met hulle liedjie "Master Jack". Die liedjie bereik nommer 18 op die "Billboard Hot 100" en nommer 3 op die "Adult Contemporary chart". Die liedjie bereik ook no. 5 op Cashbox (tydskrif) en word 'n no. 1 treffer in Suid-Afrika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Maleisie, en Rhodesië (nou Zimbabwe). Hulle opvolg enkelspeler, "Mr. Nico", bereik no. 98 in die Verenigde State. Dit was hulle laaste treffer in die VSA, maar die groep het steeds treffers in hulle tuisland, Suid-Afrika opgelewer.
Geestelike albums:
Ter bekamping van geweld teen diere:
Ter ondersteuning van die Instituut vir Blindes:
Ter ondersteuning van die Nasionale St. Giles Assosiasie:
Ter ondersteuning van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede:
Instrumentale albums:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Four Jacks and a Jill, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.