Foto Na Dans

Foto na Dans of FND was 'n Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse musiekgroep wat gevorm is nadat vyf ouens dit gestig het slegs omdat hulle gevoel het hulle 'n behoefte het om musiek te maak.

Dit het die groep omtrent sewe jaar geneem om lede vir die groep te vind wat na hul sin die regte kombinasie sou wees. Ál die lede behalwe Nel was voorheen lede van Trompie is Dood, wat die nasionale hoërskool rockkompetisie Rockspaaider gewen het in 2005. Van die lede van Trompie is Dood het die groep verlaat wat veroorsaak het dat die groep 'n sanger benodig het. Nel kon hierdie gaping vul.

Foto na Dans
Ook bekend asFND
OorsprongBellville, Suid-Afrika
GenresEmo, poppunk, alternatiewe rock, progresiewe rock
InstrumenteKitaar, baskitaar, klavier, trompet
Jare aktief2005 - hede
Webwerffotonadans.co.za
LedeLe-Roi Nel (sang, kitaar)
Neil Basson (kitaar, sang)
John Haveman (baskitaar)
Alex Fourie (trompet, klavier)
Dirkie Uys (tromme)

Die groep word deur groepe soos Muse, Bloc Party, Springbok Nude Girls en Incubus geïnspireer, maar erken dat hul musiek selde ten volle met enige musiekstyl vergelyk kan word.

Foto na Dans is 'n projek wat streef daarna om die genot wat hulle uit musikale sintese put met almal wat belang stel te deel. Hulle noem hulself 'n "Kulturele, musikale/multi-media reis wat oop is vir jou" en meld dat hulle 'n konsekwente visie het wat lui: "'n magdom klanke/visuele as simbool van ons gevoelens/idees/gedagtes".

Die groep se debuutvideo, Huiwerig, het binne 'n paar weke die A-lys op MK89 gehaal. Nadat hul kortspeler in Januarie uitgereik is, het Foto na Dans se optredes begin opslae maak. Die video van Soldaatvolk was drie weke agtereenvolgens nommer een op MK89 se Top-tien. Foto Na Dans het 'n EP vrygestel op 13 Augustus 2008, Pantomime op Herwinbare Klanke. In 2010 het hulle hul laaste CD, Die Vloed vrygestel. Op 18 Januarie 2012 kondig die groep deur sy Facebookblad aan dat hulle na afloop van hul laaste toer vir ’n onbepaalde tyd ’n breuk sou neem.

Diskografie

Ateljeealbums

  • Intervensie (2007)
  • Pantomime op Herwinbare Klanke (2008)
  • Die Vloed (2010)

Intervensie (2007)

Foto na Dans het in Junie/Julie 2007 hul eerste vollengte (12-snit) ateljeealbum, Intervensie, in B-Sharp Studios in Boksburg opgeneem. Hulle sou teen die einde van September 2007 met die album begin toer het.

EP's

  • Foto Na Dans EP (2007)

Enkelsnitte

Titel Album Uitgewer
"Huiwerig" Foto Na Dans EP, 2007 Rhythm Records
"Soldaatvolk" Foto Na Dans EP, 2007 Rhythm Records
"Vergeet Van My" Intervensie, 2007 Rhythm Records
"Hou Jou Hande by Mekaar" Intervensie, 2007 Rhythm Records
"Natuurlik Verlig" Pantomime Op Herwinbare Klanke, 2008 Rhythm Records
"Die Wals" Intervensie, 2009 Rhythm Records

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Foto Na Dans DiskografieFoto Na Dans Sien ookFoto Na Dans Eksterne skakelsFoto Na Dans VerwysingsFoto Na DansAfrikaansMusiekgroepSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MierGreen PornoHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMenslike skeletDoopGeskiedenis van Suid-AfrikaCarles PuigdemontPlastiekReënvalbepalingAustraliëLys van visseRonelda KamferNelson MandelaWinnie Madikizela-MandelaImpakte van toerismeKontinentOrthopteraKatKnopiespinnekopSeisoenDansLewerJan van RiebeeckKunselementeStellenboschProteïenVarkgriepBreinvliesontstekingBloedsomloopstelselAnrich HerbstSpringbokkeEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSwart menseViëtnamLys van Afrikaanse digtersKinderregteBrongitisSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994UniegebouMens7de LaanKultuurLieweheersbesieKommunismeTrekarbeidHeuningbyParkinson se siekteOmtrek, oppervlakte en volumeMaanChemiese elementLeierWetenskaplike metodeAfkortingSpinnekopYslandRymSamestellende afleidingRomanVersoeningsdagJan van TonderStad3D-rolprentVoegwoordJeuksiekteBrasiliëSarel Jacob PretoriusSoweto-opstandInligtingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereJohannes HahnKoorsBeeldspraakDiskriminasieJohannes MeintjesAfrikaanse woordelys en spelreëlsVryheid van spraak🡆 More