Die Kaapstadse strandgebied, beter bekend as die Foreshore, is 'n uitbreiding van die middestad op 'n drooggelegde deel van Tafelbaai.
Foreshore Kaapstadse strandgebied | |
---|---|
Kaart wat die Strandgebied en die benaderde ligging van die oorspronklike kuslyn aandui | |
Koördinate: 33°55′12″S 18°25′48″O / 33.92000°S 18.43000°O 18°25′48″O / 33.92000°S 18.43000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Hoofplek | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,34 km2 (0,90 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 268 |
• Digtheid | 115/km2 (300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 34,0% |
• Indiërs/Asiërs | 6,3% |
• Bruin mense | 11,2% |
• Swart mense | 43,3% |
• Ander | 5,2% |
Taal (2011) | |
• Engels | 78,3% |
• Afrikaans | 14,5% |
• Ander | 7,2% |
Die Foreshore lê noord van Strandstraat en oos van die Heerengracht en Adderleystraat. Dit sluit in die Duncan-dok en alle hawe-terreine ooswaarts, die spoorwegstasie en rangeerwerwe tot by die mond van die Swartrivier. Die geboue van die Burgersentrum, Artscape (Kunstekaap-teatersentrum) en Media24 (Die Burger, Naspers) is o.a. in hierdie stadsdeel geleë. 'n Kenmerk van die gebied is die onvoltooide snelwegoorbrûe.
Kaapstad se groei is jare lank gestrem omdat die stad vasgedruk is tussen Tafelberg en Tafelbaai. Ook om 'n groter hawe te bou en die spoorwegnetwerk te verbeter, was 'n groter grondoppervlakte nodig. Daarom is in 1937 begin om grond aan die suid- en suidoostelike kus van die baai, dus teenoor die middestad, Woodstock en Paardeneiland 'n 194 ha grond droog te lê. Roggebaai, die kern van hierdie stadsontwikkeling, het 65 ha hiervan beslaan. Die aanvanklike projek was teen 1945 voltooi, maar die eise van die ontwikkelende stad het al groter geword. Tot in die 1970's is nog verskeie hektare grond vanaf Paardeneiland weswaarts drooggelê en vir hawe-uitbreiding gebruik.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kaapstadse strandgebied, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.