Foliensuur: Chemiese verbinding

Foliensuur ook genaamd vitamien B9 of folaat is 'n wateroplosbare vitamien van die vitamien B-kompleks.

Foliensuur se struktuur
Foliensuur se chemiese struktuur
Foliensuur bal-en-stokkie
Foliensuur ruimtevullend
Chemie
Chemiese formule C19H19N7O6
Molêre massa 441,1396 g/mol
Oplosbaarheid 85 g/L
CAS registernommer 59-30-3

Vitamien B9 (foliensuur en folaat) is noodsaaklik vir verskeie funksies van die liggaam. Dit is onontbeerlik tydens vinnige selvorming, soos tydens swangerskap wanneer die embrio vinnig groei. Dit help ook in die vorming van rooibloedselle, sintese van DNS en herstel van RNS van volwassenes en kinders.

Bronne

Alle lewende organismes benodig foliensuur, maar mense en diere kan dit nie self sintetiseer nie. Dit moet uit hul dieet verkry word, en daarom is dit 'n essensiële nutrient of voedingstof vir hulle.

Die beste bron van folaat in voedsel is groen blaargroente, veral spinasie (die Latynse 'folium' beteken 'blaar'), maar spruitjies, broccoli, kool, aspersies, vrugte (veral sekere sitrusvrugte) en gis bevat ook folaat. Sommige soorte vleis bevat ook heelwat foliensuur, soos lewer en (in 'n mindere mate) niertjies.

Die natuurlike folate, soos dié wat in voedsel voorkom (byvoorbeeld 5-MTHF), is taamlik onstabiel. Dit is gevoelig vir lig, suurstof in die lug en die oesproses. Die verlies tydens die oes, verwerking en voedselvoorbereiding is ook hoog. Binne 'n paar dae tot 'n week na die oes van 'n plant is al die natuurlike folaat reeds geïnaktiveer.

Tags:

Vitamien

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EGeboorteKrieketBelgiese gewestePesachAnneli van RooyenKoorsblaarLabia (geslagsdele)SonsteekHematurieWes-KaapKrampHerfsVarkJoodse kalenderTuberkuloseJan van RiebeeckLys van chemiese elemente volgens atoomgetalIran21 v.C.TegnologieEkostelselOnse VaderVerkleinwoordInhoudSpookvoëlLGeurmiddelDroomLibiëHondeklipbaaiIerse nasionale rugbyspanDemi Lee MooreOpgestopte speelgoedAkkedisBysteekAfrikaanse naguilBateNatuurlike satelliete van kleinplaneteWashington, D.C.SonnestelselKameelperdPornografieWladimir PoetinSpelerposisies in rugbyJan BloukaasKoningKarlien van JaarsveldKadmiumSowjetunieToorbergOnderwysWitbloedselN.P. van Wyk LouwMediaWikiOntbinding van die SowjetunieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSpysverteringstelselStaat PalestinaMarita NapierPlae van EgipteLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsHannes van WykRoekelose DadeKrokus Stadsaal-aanvalTuisbladBernice WestDramaSahara🡆 More