Fluitjiesriet: Plantspesie

Fluitjiesriet (Phragmites australis) is 'n plant wat aan die hele kuslyn en ook in die binneland van Suid-Afrika voorkom.

Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in al die provinsies voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.

Fluitjiesriet
Fluitjiesriet: Plantspesie
Phragmites australis in die winter
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Monocots
(geen rang):
Commelinids
Orde:
Poales
Familie:
Subfamilie:
Arundinoideae
Tribus:
Arundineae
Genus:
Phragmites
Spesie:
P. australis
Binomiale naam
Phragmites australis
(Cav.) Trin. ex Steud.

Dit groei in riviermondings, soutmoerasse en moerasland. Die plant is houtagtig met 'n hol stam en het lang, plat blare soos lanse. Die blomme is gerangskik in taankleurige are met klossies syagtige hare. Die blomme word tussen Desember en Junie gedra. Die plant versprei deur ondergrondse stingels; die polle kan ook verdeel word.

Die spesie kom wydverspreid oor die wêreld voor, behalwe byvoorbeeld in die Amasonebekken. In Noord-Amerika kom oorspronklik die subspesie P. a. americanus voor wat net as enkele plant tussen ander plante groei. Die Europese subspesie P. a. australis wat ook aan Suid-Afrika inheems is, is daar in die vroeë 1800's ingevoer. Dit vorm geslote rietbeddings, domineer die hele gebied en verdring inheemse plante. Hierdie subspesie word daarom as indringerplant bestry.

Die plant is meerjarig, kan 3,6 m hoog word en groei vinnig. Die blomme is tweeslagtig en word deur die wind bestuif. Die plant is eetbaar vir mense. Die wortelstokke kan soos aartappel gekook word, maar hulle is soet en kan tot 5% suiker bevat. Die jong skeute is die lekkerste. In Rusland word fluitjiesriet geoes en tot setmeel verwerk.

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DonderstormMateriaalSwart nasionalismeFosforSkoenlapperRooikatReddingskakeGeldAntjie KrogSonsteekRugbySuid-AfrikaCarike KeuzenkampHoenderBreinvliesontstekingKaliforniese KanaaleilandeHokkieGNU/FDL-lisensieKatTranspirasieWater (molekuul)Lys van slangeChemiese verbindingMensVolstruisSonMalariaKarakteriseringDoopOorstromingNoordwesSteentydperkKrugerwildtuinGlobaliseringLetterlike en figuurlike taalgebruikPeach van PletzenDemi Lee MooreTweede WêreldoorlogTrevor NoahDiepaartromboseTelefoonAuschwitz-konsentrasiekampPlantGrootste rampe in Suid-AfrikaMusieksimboleSinoniemAtoomGriepVerkleurmannetjieDemokratiese Republiek die KongoRassisme in AfrikaPlae van EgiptePsigopatieToekoms van die AardeErektiele disfunksieUnited Democratic FrontPlastiekSomerLys van Suid-Afrikaanse musikanteTekstielDroomLeah van NiekerkTafeltennisHemelvaartGeestesteuringJo BlackGautengWinterVerenigde State van AmerikaPlaasjapieOlimpiese Somerspele 2024Erfenisdag (Suid-Afrika)MierleeuDieretuin🡆 More