Kiesafdeling Florida

Die kiesafdeling Florida was 'n kiesafdeling van die Unie-Volksraad van 1953 en daarna van die Republiek se Volksraad tot 1994.

In die heel eerste algemene verkiesing op 15 April 1953 ná die ontstaan van Florida was daar 11 464 kiesers. Die Verenigde Party se S.J. Tighy wen die kiesafdeling gemaklik met 'n meerderheid van 3 025 teen J.J.C. van Loggerenberg van die Nasionale Party. Hy behou Florida in 1958 teen die N.P. se R.S.C. Dove met 'n meerderheid van 2 375. In 'n tussenverkiesing op 11 Mei 1959 word H.G. Swart onbestrede vir die Verenigde Party verkies. In die volkstemming in 1960 oor Republiekwording neem 94% van Florida se kiesers deel. 7 212 stem teen die republiek en 4 808 daarvoor.

In die volgende jaar se algemene verkiesing staan Swart weer as V.P.-kandidaat en wen met 1 934 teen die N.P. se Tom Langley, die latere Volksraadslid van die Konserwatiewe Party. In 'n tussenverkiesing op 12 Desember 1962 wen H. Miller van die V.P. Florida met 'n meerderheid van 1 889 stemme teen die N.P. se J.C.C. van Loggenberg, wat ook nege jaar tevore verloor het.

In 1966 draai die gety teen die V.P. toe sy kandidaat, die dienende L.V., Miller, met 1 675 stemme teen die N.P. se A.J. Visser verloor. In 1970 word die bordjies verhang en J.J.M. Stephens wen Florida terug vir die V.P. met 'n skrale meerderheid van 89 stemme. Barend du Plessis, latere minister van finansies, skakel egter dié nederlaag vir die N.P. in 1974 in 'n groot oorwinning om toe hy 'n meerderheid van 1 894 teen Stephens behaal.

Partye en kandidate gewen

Bronne

  • Amptelike Jaarboek van die Republiek van Suid-Afrika 1983. 1983. Johannesburg: Chris van Rensburgpublikasies.
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Tags:

Florida, GautengVolksraad van die Unie van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RoofvoëlEmfiseemBreinMaanBorsteGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaJagluiperdAardedagRenteKoolhidraatVoegwoordYsbeerRooikatDansPad na jou hartMuskeljaatkatBladwisselendGoudkus (streek)SikloonVerkleinwoordWikiquoteGroot DepressieKunstenaarMaatskappyBloemfonteinDubbelpuntWaterbesoedelingKinderregteTennisIndustriële RevolusieWerkersdagTropiese sikloon2001KrieketOlimpiese Somerspele 2012Menslike seksuele gedragWeervoorspellingGetalMahatma GandhiErektiele disfunksieDierFranse RewolusieWebwerfMieliestronkKlimaatsverandering in AfrikaAluminiumHannes van WykUitwerking van klimaatsveranderingHaasKewerHartseerNamakwalandToekoms van die AardeLimpopo (rivier)LenteAssonansieTransatlantiese slawehandelLys van Nederlandse skildersEuropaMangelontstekingGoogleBestaansboerderySwartkwasmuishondAtoomHamburgerOos-KaapSaartjie BaartmanSowjetunieStilleweWapen van NamibiëWaterbesparing in Suid-AfrikaSwartrenosterWikipediaSias ReineckeVoortrekkersLionel PetersonAkademiaSlang🡆 More