Verbuiging

Verbuiging of fleksie, is in taalkunde variasie in die vorm van 'n woord, tipies deur middel van 'n affiks, wat grammatikale betekenis uitdruk, wat 'n vereiste vir die stam se woordklas is in 'n gegewe grammatikale konteks.

Die verandering van die woord weerspieël grammatikale inligting soos geslag, naamval, tyd, getal of persoon. Die konsep van 'n "woord" onafhanklik van verskillende verbuigings word 'n lekseem genoem, en die vorm van die woord wat beskou word asof dit geen of minimale verbuiging het, word 'n lemma genoem.

Verbuiging
Verbuiging van die Spaanse lekseem vir "kat". Blou is manlik, rooi vroulik, grys onsydig (onbepaald) en groen meervoud; die enkelvoud is nie gemerk nie.

Anders as afleiding, lei verbuiging nie tot 'n verandering in die woordsoort nie en word daar gewoonlik 'n voorspelbare, nie-eienaardige verandering in betekenis teweeg gebring.

In die morfologie word daar dus by affikse onderskeid getref tussen fleksie en afleiding. Hierdie verskynsels hou sterk verband met woordvormingsleer, vormleer, fleksiemorfeme, afleidingsmorfeme, geflekteerde woorde en afgeleide woorde. Hierdie is afhanklike komponente wat aan ʼn stam moet verbind, en dit dra nooit die meeste betekenis in ʼn kompleks nie, maar dit dra wel betekenis.Fleksie word gesien as die morfologiese markering van eienskappe op ʼn woord wat ʼn aantal grammatikale vorme tot gevolg het. Fleksie neem dus as invoer ʼn woord en gee as afvoer ʼn vorm van dieselfde woord binne ʼn grammatikale konteks. Dit wil sê dat ʼn woord soos hond verander kan word na hond-e of hond-jie en dit is twee verskillende geflekteerde vorme van die oorspronklike woord, maar nie een van hierdie woorde het hul eie lemmas in die Afrikaanse woordeboek nie.

Belangrike kenmerke van fleksie

  • Fleksie kan nie die leksikale kategorie van die grondwoord of stam verander nie, (byvoorbeeld hark/hark-e of skoon/skon-er) behalwe soms in die geval van die deelwoord (partisipium) wat as fleksie beskou word, maar wel die leksikale kategorie kan verander, (Hierdie geskied gewoonlik vanaf verbum na adjektief of adverbium, byvoorbeeld huil-end en ras-end in Die huilende babas maak die dagmoeder rasend).
  • Fleksie-affikse het ʼn duidelike waarde wat dit tot die stam toevoeg, en is daarom voorspelbaar ten opsigte van vorm en betekenis.
  • Fleksie-affikse sluit meestal die moontlikheid van aanbou uit, daarom staan fleksiemorfeme nader as afleidingsmorfeme van die stam af.

Voorbeelde van fleksie in Afrikaans

  • Meervoud (Pluralis/PL) Byvoorbeeld hond-e, boek-e, besem-s
  • Verkleining (Diminutief/DIM) Byvoorbeeld hond-jie, besem-pie, voël-tjie
  • Vergelykende trap (Komparatief/CMPR) Byvoorbeeld Lelik-er, soet-er, sleg-ter
  • Oortreffende trap (Superlatief/SUP) Byvoorbeeld lelik-ste, soet-ste, sleg-ste
  • Attributief (ATTR) Byvoorbeeld die interessant-e boek, die lelik-e rok
  • Deelsgenitief (PRTT.GEN) Byvoorbeeld iets interessant-s of iemand lelik-s
  • Verlede tyd (Imperfektum/PST) Byvoorbeeld ge-hardloop, ge-dans, ge-sing
  • Deelwoord (Partisipium/PART) Byvoorbeeld huil-end, ras-end, ge-kwalifiseer-d
  • Infinitief (INF) Byvoorbeeld iets te drink-e of iets te et-e
  • Relikte (RLCT) Byvoorbeeld steen des aanstoot-s, in dier voeg-e

Bronne

  • Carstens, W.A.M. & Bosman, N., reds. 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.
  • Van Huyssteen, G.B. 2014. Morfologie. (In Carstens, W.A.M., & Bosman,N. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik Uitgewers. p. 19o-194)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Verbuiging Belangrike kenmerke van fleksieVerbuiging Voorbeelde van fleksie in AfrikaansVerbuiging BronneVerbuiging VerwysingsVerbuiging Eksterne skakelsVerbuigingAffiksGrammatikaGrammatikale geslagNaamvalTaalkunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoordeboekHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMateriaalStadFinale OplossingBoelieryRugbyGevolge van aardverwarming op oseaneLionel MessiParasitiese siektesFeminismeVolhoubare ontwikkelingIdioomLeonardo da VinciStereotipeGeelhoutEngelandVerantwoordelikheidEuropaJudaïsmeSuid-Afrikaanse randJeuksiekteVerbondsarkPlastiekKaartReg tot ‘n gesonde omgewing1990MIV/vigs in Suid-AfrikaTegnologieGestremdheidKonsentrasiekampPornografiese subgenresLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOnomatopeeKinderregteDomkragTradisionele literatuurKasterolieAnrich HerbstJavaScriptDesimale breukeReënJan van RiebeeckOlimpiese SpeleVrouKongo-krisisTuberkuloseBywoordLys van politieke partye in Suid-AfrikaInstagramKaapstadse waterkrisis 2015-2018AsemhalingMonopolieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAngolese BurgeroorlogMenslike skeletVaginaSydneyWeervoorspellingOrgasmeWillie JoubertVersoeningsdagTweede WêreldoorlogBeesElon MuskKoorsInfeksieVoedselkettingSkildklierSelChristendomJohannes MeintjesEkologieMorfologie (taalkunde)🡆 More