Fjodor Aleksandrowitsj Otsep (Russies Фёдор Александрович Оцеп, wetenskaplike transliterasie Fëdor Aleksandrovič Ocep; * 9 Februarie 1895 in Moskou, Rusland; † 20 Junie 1949 in Ottawa, Kanada) was 'n Russiese regisseur en draaiboekskrywer.
Fjodor Otsep | |
Geboortenaam | Fjodor Aleksandrowitsj Otsep |
---|---|
Geboorte | 9 Februarie 1895 Moskou |
Sterfte | 20 Junie 1949 Ottawa, Kanada |
Nasionaliteit | Rusland |
Beroep(e) | regisseur, draaiboekskrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Otsep het sy loopbaan in die rolprentbedryf nog in die tsaristiese Rusland as assistent van Jakof Protasanof begin en die draaiboeke vir meesterwerke van dié regisseur geskryf, waaronder Pique Dame (1916) en Aelita (1924). In 1926 het hy vir die eerste keer self die regie vir 'n rolprent behartig.
Otsep se werk is sterk deur Fsewolod Poedofkin se filmkuns beïnvloed. Albei regisseurs het hul films vir die rolprentateljee Mezjrabpom vervaardig.
In 1929 het Otsep in Duitsland die rolprent Der lebende Leichnam ("Die lewende lyk") vervaardig wat op die gelyknamige toneelstuk van Leo Tolstoi gebaseer is. Die regisseur het daarna nie meer na die Sowjetunie teruggekeer nie. In 1931 het Otsep hom in Frankryk gevestig en ná die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog na die Verenigde State en Kanada gevlug.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Fjodor Otsep, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.