Filipe Nyusi

Filipe Jacinto Nyusi (Portugese uitspraak: , gebore 9 Februarie 1959), ook gespel Nyussi, is 'n Mosambiekse politikus wat sedert 2015 as die vierde president van Mosambiek dien.

Hy was voorheen van 2008 tot 2014 Minister van Verdediging. Nyusi is die leier van Frelimo, die regerende party van Mosambiek sedert onafhanklikheid in 1975.

Filipe Jacinto Nyusi
Filipe Nyusi
Nyusi in Augustus 2023

4de President van Mosambiek
Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Januarie 2015
Eerste minister Carlos Agostinho do Rosário
Voorafgegaan deur Armando Guebuza

Nasionale Minister van Verdediging
Ampstermyn
27 Maart 2008 – 14 Maart 2014
Voorafgegaan deur Tobias Joaquim Dai
Opgevolg deur Agostinho Mondlane

Ampstermyn
17 Augustus 2020 – 17 Augustus 2019
Voorafgegaan deur John Magufuli
Opgevolg deur Félix Tshisekedi

Persoonlike besonderhede
Gebore Filipe Jacinto Nyusi
19 Februarie 1959 (1959-02-19) (65 jaar oud)
Nasionaliteit Vlag van Mosambiek Mosambiek
Politieke party Frelimo
Kind(ers) 4
Alma mater Antonín Zápotocký Militêre Akademie

Biografie

Nyusi is in 1959 in Namau in die Mueda-distrik van die Cabo Delgado-provinsie gebore. Albei sy ouers was veterane van die bevrydingsbeweging, Frelimo. Aan die begin van die Mosambiekse Vryheidsoorlog is hy oor die Ruvuma-rivier na die naburige Tanzanië geneem, waar hy by die Frelimo-skool in Tunduru opgevoed is. Hy het sy sekondêre opleiding by die Frelimo-skool in Mariri in Cabo Delgado en by Samora Machel Sekondêre Skool in Beira ontvang.

Op die ouderdom van 14 in 1973 het hy by Frelimo aangesluit. Hy het daarna politieke en militêre opleiding in Nachingwea in Tanzanië ontvang. In 1990 het hy sy graad in meganiese ingenieurswese aan die Antonín Zápotocký Militêre Akademie (VAAZ) in Brno, Tsjeggo-Slowakye, nou die Tsjeggiese Republiek se Universiteit van Verdediging, voltooi.

Voor sy aanstelling in die kabinet deur president Armando Guebuza, het Nyusi vir die staatsbeheerde Mosambiekse Hawe- en Spoorwegowerheid (CFM) gewerk. Hy het in 1995 die uitvoerende direkteur van CFM-Norte, die noordelike afdeling van die maatskappy, geword. Nyusi het in 2007 by die maatskappy se bestuur aangesluit.

Van 1993 tot 2002 het Nyusi as die president van Clube Ferroviário de Nampula, 'n top-afdeling sokkerklub gebaseer in Nampula gedien. Hy is ook 'n dosent by die Nampula-kampus van die Universidade Pedagógica, 'n genoot van die Africa Leadership Initiative, en 'n lid van die Nasionale Komitee van Vegters van die Nasionale Bevrydingstryd (Portugees: Comité Nacional dos Combatentes da Luta de Libertação Nacional). Hy het verdere opleiding in bestuur in Indië, Suid-Afrika, Eswatini en die Verenigde State ontvang.

Politieke loopbaan

Op 27 Maart 2008 het Nyusi as Minister van Verdediging by Tobias Joaquim Dai oorgeneem.

Tydens die party se 10de kongres in September 2012 is Nyusi tot die Sentrale Komitee van FRELIMO verkies.

President van Mosambiek

Nyusi is in Oktober 2014 as president van Mosambiek verkies. Hy is in Oktober 2019 herverkies.

Op 25 September 2022 is Nyusi onbestrede as leier van Frelimo herverkies.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Filipe Nyusi BiografieFilipe Nyusi Politieke loopbaanFilipe Nyusi VerwysingsFilipe Nyusi Eksterne skakelsFilipe NyusiFrelimoMosambiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlantMenseregtedagOraniaTobie CronjéVoedingKrampKoppeltekenSuid-Afrikaanse InkomstediensSpysverteringstelselProstaatklierOlimpiese godeRolprentPalmsondagMielieVratAsynKarakteriseringGeografie van Suid-AfrikaSusan CoetzerGebande muishondOnderhandelinge om apartheid te beëindigDassievoëlLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsInternetBloeddrukPornografiese subgenresHolocaustWladimir PoetinAppelblaarNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweNarsismeTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSlag van BloedrivierTropiese huisgeitjieMarkus JoosteSelfmoordGalblaasE-regeringEerste WêreldoorlogBorskankerSamestellingSwedeKatBarionEstlandVerkleinwoordDuitse perdebyVlag van BangladesjNic de JagerUniversiteit StellenboschRooibokOos-KaapHeupKolitisVolhoubaarheidGuillain-Barré-sindroomTandbederfOu Apostoliese KerkEreksieVingerseksYstervarkEuropese Suidelike SterrewagOopbroninhoudPtolemeusNagapieWortelkanaalAnale kankerMaanSuid-Afrikaanse PolisiediensSuid-Afrikaanse WeermagHondeklipbaai🡆 More