Fesenjan
'n Bredie in die Persiese en Mesopotamiese kookkuns
Iran
Irak
Azerbeidjan
Afghanistan
Turkye
Khoresht-e fesenjān (Farsi: خورشت فسنجان), of kort fesenjān (فسنجان), is 'n gereg in die Persiese en Mesopotamiese kookkuns. Dit is 'n dik bredie met 'n soet-pikante smaak en Persiese granaatappelstroop, gemaalde okkerneute, advieh ('n Persiese speserymengsel wat soms deur kurkuma vervang word) en uie as sy basis.
Tradisioneel word die bredie van hoender- of eendevleis berei, maar daar is ook variante van fesenjan waarvoor maalvleisbolletjies, lamvleis, beesvleis, vis of uitsluitlik vegetariese bestanddele gebruik word. Die smaak hang van die kookmetode af en kan soet of suur wees. Fesenjan word gewoonlik met Persiese wit of geel saffraanrys (polo of chelo) bedien.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Fesenjan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.