Fermatuur

Fermware of fermatuur (ook harde programmatuur) is 'n rekenaarprogram wat in hardeware ingeprogrammeer is.

Dit kan op 'n eenmalige basis geskied, maar moderne tegnieke soos flitsgeheue (flash memory) maak dit ook moontlik om fermatuur te vervang of op te dateer. Tydens die proses word 'n rekenaarvlokkie (microchip) tipies met nuwe programme gelaai.

Fermatuur
'n Fermatuurvlokkie op 'n moederbord.
Fermatuur
'n TV se afstandbeheer is 'n voorbeeld van 'n produk wat fermatuur bevat. Die fermatuur monitor die knoppies, beheer die LED-liggies en aktiveer die IR-sender. Trouens, 'n TV se moederbord bevat self komplekse fermatuur.

Fermatuur word dikwels as bestuurstelsel vir elektronika en ingebedde rekenaarstelsels gebruik waar 'n sentrale verwerker (SVE) aanwesig is. Voorbeelde hiervan is motorvoertuie, huishoudelike toestelle, elektroniese apparate en rekenaars.

Die voorvoegsel "ferm-" dui daarop dat die inhoud ferm, stewig, hard en nie veranderlik is nie. Dit sit dus tussen die sagteware (wat maklik gewysig kan word) en die hardeware (wat in beginsel nie gewysig kan word nie).

Ander faktore word by die ontwerp van fermatuur (in teenstelling met die ontwerp van algemene sagteware) in ag geneem. Om 'n paar te noem: energieverbruik, hittevrystelling, kosprys, geheueverbruik, snelheid en effektiwiteit. Die grens tussen klassieke programmering en fermatuur is egter besig om in sekere gebiede te vervaag. Vroeër is baie spesifieke bedryfstelsels vir fermatuur gebruik, terwyl algemene bedryfstelsels soos Linux toenemend hiervoor ingespan word (byvoorbeeld in horlosies, selfone, DVD-spelers, ens).

Dit is soms moontlik om fermatuur na 'n nuwe weergawe op te dateer. Dit is egter 'n riskante proses. As iets tydens die opgradering verkeerd gaan, sit die apparaat sonder 'n geldige fermatuur, wat beteken dat dit nie meer sal werk nie. Vir die rede word sommige apparate met twee fermatuurkomponente toegerus, sodat die toestel nog met die ou weergawe kan werk as die opgradering faal of die nuwe weergawe foutief is. Sommige duurder moederborde het byvoorbeeld dubbele BIOS-vlokkies.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

FlitsgeheueHardewareProgrammeringRekenaarprogram

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TelkomHondFamilie (verwantskap)TelwoordKonsentrasiekampHorlosieKlereWitbloedselMotorvoertuigReg tot ‘n gesonde omgewingNarsismeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)DoelwitMaroela MediaSkaapLugbesoedelingAngssteuringPoësieWaterKimberleyLys van Afrikaanse televisiereekseIngrid JonkerHidroëlektrisiteitHomoniemKrampVroueregteJaarNazi-DuitslandVerenigde KoninkrykVerenigde State van AmerikaTydWerkloosheidMiljardWater (molekuul)SeekatEk is 'n Afrikaan (toespraak)RekenaarHefboomAkuutLangste woordLenteDroomRymAnneli van RooyenFiksieGenitale vratWetenskapGriekwa-AfrikaansAgtervoegselPriemfaktorLeeuAfrikaanse woordelys en spelreëlsHoofpynMiltCleopatra VIIProteïenTermiese geleidingsvermoëLiefdePeriodieke tabelSelfmoordKapitalismeDrakensbergeSelfvertroueSeisoenPerdebyeNedersettingAfrikaToestand van materieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKriekSkoenlapperLys van Griekse mitologiese figureVolhoubare ontwikkeling🡆 More