FRELIMO (Portugees: Frente de Libertação de Moçambique, d.w.s.
bevrydingsfront van Mosambiek) is die belangrikste politieke party in Mosambiek. Die party is sedert onafhanklikheid in 1975 aan bewind in die land. Die magsbasis daarvan is hoofsaaklik gesetel onder die Sjangaans in Mosambiek.
FRELIMO is in 1962 in Dar es Salaam gestig as 'n bevrydingsfront wat die Portugese regering van Mosambiek teengestaan het. Medestigter Eduardo Mondlane was die eerste voorsitter van FRELIMO. FRELIMO was in die beginjare 'n samesmelting van die bevrydingsbewegings:
In 1963 was die hoofkwartier in Dar es Salaam (Tanzanië) geleë. FRELIMO het 'n guerrilla-stryd teen die Portugese kolonialisme begin wat bekend staan as die Mosambiekse Vryheidsoorlog. Sedert 1964 het FRELIMO die noorde van die land beheer. Die beweging het steun van sowel die Westerse wêreld as die Sowjetunie ontvang. In 1969 word die gematigde Mondlane by die FRELIMO-hoofkwartier in Dar es Salaam vermoor, moontlik deur radikale elemente binne FRELIMO. Die Portugese veiligheidsdiens PIDE is ook met die moord verbind. Daarna het radikalisering binne die beweging plaasgevind. In die 1970's het die aantal FRELIMO-vegters gegroei tot ongeveer 7 000 mans en vroue. Danksy hul guerrilla-tegnieke het FRELIMO voortgegaan om die noorde en later ook die sentrum van die land te beheer, ondanks die 60 000 Portugese soldate wat in Mosambiek was om teen hulle te veg.
Na die Angelier-rewolusie in Portugal (1974) wat premier Marcello Caetano omvergewerp het, het die nuwe Portugese regering met FRELIMO (1974-1975) begin onderhandel. Op 20 September 1974 kry Mosambiek outonomie en op 25 Junie 1975 word die Volksrepubliek Mosambiek uitgeroep.
Met militêre steun van Kuba en die Sowjetunie, het die FRELIMO-leier en president Samora Machel van Mosambiek daarin geslaag om 'n eenpartystaat te skep met die FRELIMO (nou omskep in 'n politieke party) as die enigste toegelate party. Machel het 'n sosialistiese roete gekies. Meer as 'n miljoen vlugtelinge aan die buitewyke van die stede is met geweld na die platteland teruggeforseer, met die gevolg dat meer as 100 000 sterf. Al die Portugese word die land uitgedwing, insluitend die ontwikkelingswerkers wat juis FRELIMO ondersteun het. As gevolg van hierdie beleid het die ekonomie in duie gestort en die land se infrastruktuur verval.
Onmiddellik na onafhanklikheid begin die burgeroorlog tussen die FRELIMO-regering en die anti-kommunistiese RENAMO, 'n weerstadsbeweging wat eers deur Rhodesië en later deur Suid-Afrika ondersteun is. 'n Vredesverdrag het in 1992 gevolg.
President Samora Machel is in 1986 in 'n vliegongeluk dood en is opgevolg deur Joaquim Chissano, wat sowel president van die Volksrepubliek as president van FRELIMO geword het. Die gematigde Chissano het die Marxistiese sosialisme in 1989 as 'n party-ideologie afgeskaf en die eenpartystaat in 1990 beëindig. Demokratiese verkiesings het in 1994 gevolg met Chissano wat herkies is tot president. In 1999 is Chissano weer deur FRELIMO benoem en weer herkies.
Kritiek op Chissano en ook van die party in 2004 het daartoe gelei dat Chissano nie meer as president verkies het nie. FRELIMO het Armando Guebuza gesteun, wat op 1 en 2 Desember 2004 tot president van Mosambiek verkies is. Chissano het die leier van die party gebly. Guebuza se opvolger, Filipe Nyusi, het op 15 Januarie 2015 die vierde president van Mosambiek geword.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article FRELIMO, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.