Ewert Snyman

Ds.

Ewert Frederik Johannes Snyman (Salisbury, Rhodesië, 19 Desember 1945 – Orkney (waarskynlik), Noordwes, Suid-Afrika, 5 Junie 2010) was tussen 1970 en 1993 predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, albei in die destydse Transvaal.

Ewert Snyman
 Ewert Snyman as finalejaarstudent
E.F.J. Snyman

Naam Ewert Frederik Johannes Snyman
Geboorte 19 Desember 1945
Salisbury, Rhodesië
Sterfte 5 Junie 2010 (op 64)
Orkney (waarskynlik)
Noordwes, Suid-Afrika
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Ontdekkers, 1970–1974
Orkney, 1974–1993
Jare aktief 1970–1993
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms en jeug

Ewert Snyman 
Piet Snyman saam met sy vrou en kinders in die pastorietuin in Salisbury. Die seuntjie is die latere ds. Ewert Snmyman.

Ewert Snyman se vader was die Gereformeerde predikant ds. P.G.W. Snyman, wat die gemeente Krokodilrivier van 1931 tot 1944 bedien het en toe Salisbury tot sy dood op 8 Februarie 1948, toe Ewert nog nie twee jaar en twee maande oud was nie.

Volgens ds. Fenmo Berg wat ds. Snyman se lewenskets in die Almanak van die GKSA vir 2011 geskryf het, was dit vir hom moeilik om sonder 'n vader groot te word. Sy weduweemoeder het na Potchefstroom verhuis, waar grootgeword en skoolgegaan het. Hier het klavierlesse geneem en het dit geblyk dat hy 'n besonder begaafde musiekleerling is. Hy neem ook sanglesse. Sy musiekonderwyser het voorsien dat hy met sy besonderse talent verder as pianis opgelei sou word. Maar Snyman het reeds van 'n jong ouderdom die roeping ontvang om predikant te word.

In 1963 het hy met sy studie aan die PU vir CHO en die Teologiese Skool van die GKSA. Met sy teologiese professore het hy, volgens sy eie getuienis in later jare, elkeen ’n besonderse verhouding gehad en was hulle elkeen vir hom soos 'n vader.

In die bediening

Ewert Snyman 
Snyman voor die Gereformeerde kerk Ontdekkers, wat in sy tyd gebou is.

Nadat Snyman sy studie voltooi het, is hy in November 1969 beroepbaar gestel en neem hy ’n beroep aan na die Gereformeerde kerk Ontdekkers, waar hy op 1 Februarie 1970 bevestig is. Berg skryf dat hy op dié datum bevestig is, was vir hom van besonderse betekenis omdat sy vader op dieselfde dag, 22 jaar vantevore, sy laaste keer gepreek het, en wel in Bulawayo, presies ’n week voor sy afsterwe. Tydens sy bediening is die kerkgebou van Ontdekkers op 5 Junie 1971 in gebruik geneem. Reeds hier in sy eerste gemeente het sy gesondheidsprobleme begin toe hy op 26-jarige ouderdom een Sondag op die kansel ineensak.

In Julie 1974 is ds. Snyman as predikant van die Gereformeerde kerk Orkney bevestig. Berg skryf sy amper 20 jaar lange bediening op dié myndorp: "Soveel lidmate getuig van die mooi gawes wat hy van die Here ontvang het. Sy preke was goed voorberei en verstaanbaar, gegrond op deeglike eksegese. Hy het die evangelie suiwer en onvervals verkondig. Hy het gereeld huisbesoek en siekebesoek gedoen. ln elke huis met sy besondere omstandighede het hy uit die Woord bemoedig, vermaan en vertroos."

Snyman se gesondheid het geleidelik agteruitgaan. Ná 'n hartomleidingsoperasie en talle ander operasies moes hy in Junie 1993 weens swak gesondheid emeriteer. Berg skryf: "Dit was vir hom besonder moeilik, en hy het in dié tyd intens geworstel met die wil van die Here. Tog het mens hom nooit hoor kla nie. Hy het altyd gesê dat dit goed gaan. Hy het hom dikwels verwonder dat die Here hom so lank gespaar het."

Hy het steeds begeer om die Woord te verkondig en het ’n aantal jare lank hulpdiens in die Gereformeerde kerk Viljoenskroon gelewer. Daarna het hy, wanneer sy kragte dit toegelaat het, die Woord in die Gereformeerde kerk Orkney verkondig, maar gedurende die laaste paar maande van sy lewe was hy baie swak en siek.

Op Sondag 16 Mei 2010 het hy nog die Nagmaal in die Gereformeerde kerk Orkney bedien. 'n Paar dae later het hy 'n vriend en ouderling van Orkney begrawe. 'n Week later het sy gesondheid sodanig verswak dat hy in die intensiewe eenheid opgeneem is. Op die helder wintermiddag van 5 Junie daardie jaar is hyself oorlede.

Sakeman

Tydens ds. Snyman se bedieningstyd op Orkney het hy in sy motorhuis met 'n afrolmasjien gemeentelike dokumente begin druk. Hieruit het EFJS Drukkers ontwikkel. Verskeie uitgawes van die evangelisasieblad Quo Vadis, katkisiehandleidings, preekbundels, teologiese boeke en nog kerklike publikasies is, het hy versorg en gedruk. Deur al die boeke wat gedruk is, wou hy diensbaar wees in die koninkryk van die Here.

Gesinslewe

Hy is in Desember 1968 met Anita getroud. In Anita het hy 'n ware lewensmaat gevind wat hom in sy bediening bygestaan het. Tydens sy siekte het sy hom bemoedig en versorg. So baie keer het net sy geweet hoe uitgeput hy was. Uit die huwelik is vyf kinders — Pieter, Bernard, Evert, Alta en Elize — gebore. Dit was vir hom 'n groot voorreg om sy kinders in die huwelik te kon bevestig en sy kleinkinders te doop. Hy het 'n lewendige belangstelling in die lewe van sy kinders, skoonkinders en kleinkinders gehad. Hy was trots op elkeen van sy kinders en kleinkinders se prestasies op verskeie terreine van die lewe.

Waardering

Berg skryf van ds. Snyman dat hy 'n beginselvaste mens was. "Deur sy besondere insig in Skrif, belydenis en kerkorde het hy op verskeie meerdere vergaderings die rigting aangedui wanneer besluite geneem moes word." Hy het tydens verskeie klassissittings en vergaderings van die partikuliere sinodes as skriba opgetree. Berg skryf: "Ewert se familie en almal wat hom geken het, getuig van sy beginselvastheid, liefde, hartlikheid, fyn sin vir humor en sy lag wat in harte bly voortleef. Hy het 'n liefde vir klassieke musiek gehad en het graag daarna geluister."

Bronne

Tags:

Ewert Snyman Herkoms en jeugEwert Snyman In die bedieningEwert Snyman SakemanEwert Snyman GesinsleweEwert Snyman WaarderingEwert Snyman BronneEwert Snyman19 Desember194520105 JunieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHarareNoordwesOrkneyRhodesiëSuid-AfrikaTransvaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonnestelselGevolge van aardverwarming op oseaneDwelmonttrekkingMartin Luther King jr.EnergieDigvormNag van die lang messeDeelteken en umlautKlem-in-die-kaakWerwelkolomAfro-AmerikanersBlaarLys van Kaapstad se voorstedeKolonoskopieTelevisieNeerslagDeelwoordTarentaleAfrikanersBreinSatellietSeekoeiReënspinnekopBybelGewone breukeKlavierSendelingposisieLyfstraf in skoleSteenkool in Suid-AfrikaBevolkingsafnameProteaGrondwaterDirekte en Indirekte redeChris HaniAdolessensiePaddaAardverwarmingParlement van Suid-AfrikaInternetKoolhidraatByvoeglike naamwoordVersamelnaamElon MuskVolhoubare ontwikkelingDuitse maselsJohannesburgSimfonie-orkesReënvalbepalingWeervoorspellingAnette EngelbrechtDierAkroniemProteïenLettergreepBesoedelingLys van Suid-Afrikaanse opposisieleiersWerkwoordVerkragtingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAlkoholismeKasteel die Goeie HoopAfleiding (taalkunde)Paarl GimnasiumLeenwoordDroomVoedselverwerkingVlekvrye staalLys van landeBosluisbytkoorsBruin menseLika BerningLabia (geslagsdele)Geskiedenis (vakgebied)HoenderEmosie🡆 More