Euripides

Euripides (Grieks: Εὐριπίδης) (ongeveer 480 v.C.

– 406 v.C.) was een van die drie groot Griekse tragedie digters, met Sophokles – met wie hy persoonlik bevriend was – en Aischulos.

Euripides
Euripides
Geboreca. 480 v.C.
Salamis, Griekeland
Sterfca. 406 v.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
BeroepDramatuurg
Bekend virMedea, 431 v.C.
Hippolytus, 428 v.C.
Electra, ca. 420 v.C.
Die Trojaanse vroue, ca. 415 v.C.
Bacchae, 405 v.C.
EggenootMelite
Choerine
Ouer(s)Mnesarchus
Cleito

Biografie

Dit moet vermeld moet word dat Euripides se biografiese inligting omstrede is. Sy lewensloop soos wat aan ons is oorgelewer is, is 'n kombinasie van gerugte en versinsels (veral ontleen aan Aristophanes se komedies waarin dikwels met Euripides gespot word). Ook het mense later gepoog, waarskynlik as gevolg van 'n gebrek aan data, om sy persoonlikheid uit sy werk af te lei.

Euripides is gebore op die eiland Salamis, volgens die oorlewering op die dag dat daar 'n beroemde seeslag plaasgevind het. Sy ma heet Kleito en sy vader Mnesarchos of Mnesarchides. Danksy die adelike afkoms van sy moeder kon Euripides 'n goeie onderwys bekom. In sy jeug het hy hom toe op die gimnastiek en skilderkuns, later word hy 'n leerling van Anaxagoras en 'n toehoorder van Prodikos en Protagoras. Hy het 'n hekel aan die politiek gehad en het baie op studies gefokus. Ook het hy 'n private biblioteek besit (wat in sy tyd ongewoon was). Toe hy hom aan die skryf toewy, trek hy hom soms terug in 'n grot op sy geboorte-eiland.

Euripides het tydens sy lewe twee keer in die huwelik getree, en telkens het hy 'n ongelukkige huwelikslewe gehad. Dit gee hom moontlik die reputasie dat hy 'n vrouehater was.

In 406 v.C., na die opvoering van sy Orestes, verlaat hy Athene, en trek na die hof van Archelaos, koning van Masedonië. Dit bly onduidelik waarom hy dit gedoen het: om politieke redes of teleurstelling omdat sy werk misken word? Volgens biografieë is hy in 406 v.C. in baie dramatiese omstandighede dood. Hy sou, verstrooid en in bepeinsing versink, verskeur word deur die loslopende waghonde van die Masedoniese koning.

Werk

In 455 v.C. het Euripides vir die eerste keer aan die Dionisia deel, maar pas in 441 v.C. is hy vir die eerste keer bekroon vir sy toneelstukke. Hy skryf meer as 90 werke waarvan daar 19 nog bestaan, insluitend 1 stuk (Rhesos, gedater van voor 438 v.C.) waarvan die outeurskap betwyfel word. Van sy totale oeuvre is slegs 5 stukke met 'n eerste prys beloon. Tydens sy lewe is hy nie vir veel aangesien nie. Sy tydgenote hou nie van sy "modernisme" nie. Maar na sy dood het dit heeltemal verander: Euripides word die mees opgevoerde toneelskrywer in Griekeland.

  • Alkestis (438 v.C.), tweede prys
  • Medeia (431 v.C.), derde prys
  • Herakliden (ongeveer 430 v.C.)
  • Hippolytos (428 v.C.), eerste prys
  • Andromache (ongeveer 425 v.C.)
  • Hekabe (ongeveer 424 v.C.)
  • Smekende Vroue (ongeveer 423 v.C.)
  • Elektra (ongeveer 420 v.C.)
  • Herakles (ongeveer 416 v.C.)
  • Trilogie: oAlexandros (verlore gegaan) oPalamedes (verlore gegaan) oTroiades (415 v.C.), tweede prys
  • Iphigeneia in Tauris (ongeveer 414 v.C.)
  • Ion (ongeveer 413 v.C.)
  • Helena (v.C. 412)
  • Fenisiese vroue (ongeveer 410 v.C.), tweede prys
  • Orestes (408 v.C.)
  • Trilogie (postuum opgevoer; eerste prys): oBacchanten oAlkmaion in Korinthe (verlore gegaan) oIphigeneia in Aulis
  • Saterspel: oCyclops

Bibliografi

  • Euripides, Cyclops, Alcestis, Medea. Vert. D. Kovacs (The Loeb Classical Library), I, Cambridge Mass. – Londen, 2001

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia

Tags:

Euripides BiografieEuripides WerkEuripides BibliografiEuripides BronEuripidesAischulosDigterGrieksSophokles

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

E-posVliegtuigEugenetikaLongLys van bekende Suid-AfrikanersWikiVierkantswortelAbstraksie (rekenaarwetenskap)VlinderGlasLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHondSkoolAlliterasieRacheltjie de Beer2001Johannes HahnPropagandaDistrik SesStellenboschKonflik (proses)BysteekBelastingLeesNelson MandelaShakaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGeprosesseerde kosAfkortingVulkaanOnderhandelinge om apartheid te beëindigBeurtkragNaaldekokerKoolstofdioksiedUitwerking van klimaatsveranderingVergelykings (taalkunde)SpysverteringstelselVerantwoordelikheidSportMenslike seksuele gedragRoofvoëlKarakteriseringDirekte en Indirekte redeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsMusiekPampoentjiesNasionale VrouedagXenofobie in Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)Groot vyfEkonomie van Suid-AfrikaMiskruierMonopolieKunsmatige algemene intelligensieMcDonald'sKolonisasieKunsmisDoelwitSelfieBoer Soek 'n VrouHerfsNierversakingErns GrundlingMenslike skeletVersamelnaamDiskriminasieGeografie van Suid-AfrikaSpringbokMangelontstekingBoor (element)BeaufortskaalGrondsoorteHandbalHoofpynChemiese reaksieOopbroninhoudKolonoskopie🡆 More