Eurasiatiese Unie

Die Eurasiatiese Unie (Russies: Евразийский Союз) is 'n politieke en ekonomiese unie van Eurasiatiese lande.

Die lidlande is Wit-Rusland, Kasakstan, Kirgisië, Rusland, Tadjikistan en kan ook ander lande in Europa en Asië, soos lande wat deel van die Sowjetunie was, insluit.

Eurasiatiese Unie
Kaart van die Eurasiatiese Unie

Die stigting van 'n Eurasiatiese Unie is in Oktober 2011 deur Rusland se eerste minister, Wladimir Poetin as teenvoeter vir die Europese Unie voorgetel. Die idee vir so 'n unie is egter reeds in 1994 deur die president van Kasakstan, Noersoeltan Nazarbajef, in 'n toespraak in Moskou bepleit.

Op 18 November 2011 het die presidente van Wit-Rusland, Kasakstan en Rusland 'n ooreenkoms onderteken waarin hulle onderneem om die Eurasiatiese Unie in 2015 tot stand te bring. Die ooreenkoms bevat onder andere 'n roetekaart vir toekomstige integrasie en die vestiging van 'n Eurasiatiese Kommissie (gemodelleer op die Europese Kommissie) en die Eurasiatiese Ekonomiese Ruimte, wat hul werksaamhede op 1 Januarie 2012 begin het. Die ooreenkoms lê klem op ekonomiese integrasie en 'n toekomstige gemeenskaplike mark, en nie soseer op politieke integrasie nie.

Hierdie drie lande onderteken op 29 Mei 2014 'n ooreenkoms waarin hulle proklameer dat die Eurasiatiese Ekonomiese Unie amptelik op 1 Januarie 2015 in werking sal tree. Alhoewel president Poetin graag sou wou sien dat die unie ook militêre en politieke sake moet insluit, maak die ooreenkoms slegs vir ekonomiese samewerking voorsiening.

Die Verenigde State van Amerika het die stigting van die unie gekritiseer. Volgens hulle is die Eurasiatiese Unie 'n poging van die Russiese Federasie om weer 'n houvas op die voormalige Sowjetrepublieke te kry en die voormalige Sowjetunie in 'n ander vorm te laat herleef.

Verwysings

Tags:

AsiëEuropaKasakstanKirgisiëRuslandRussiesSowjetunieTadjikistanWit-Rusland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SportInstagramJaco JacobsVerenigde KoninkrykLys van Afrikaanse rolprenteRugbyWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaEkonomie van Suid-AfrikaHeks van HexrivierFiksieKrieketHartversakingAustraliëLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGesonde dieetVoorsetselBoontjieWetenskaplike klassifikasiePampoentjiesKolonoskopieLeeuJak de PriesterMieliestronkBipolêre gemoedsteuringFacebookWêreld- Ekonomiese ForumSekondêre sektor van die ekonomieYsterRina HugoEngelandDemi Lee MooreVryheidsmanifesSkilpadVerkleurmannetjiePenisMangelKoorsLys van Griekse mitologiese figureRenteSiya KolisiSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KoorsblaarWoudSelfmoordSeksualiteitReënMandalaGroot GatProvinsies van Suid-AfrikaWisselkoersRasionale getalVryheidsdagMynbedryf van Suid-AfrikaSelfkonsepWieg van die MensdomKongo-krisisBlourokkeRooikatMIV/vigs in Suid-AfrikaMartin Luther King jr.Angolese BurgeroorlogKaartJudaïsmeMaanOlimpiese SpeleRosa ParksWolfKlavierSkuinsstreepBloedsomloopstelselGenitale vratMangelontstekingMaroela MediaDuitslandGroepsgebiedewet🡆 More