Die kraalnaboom (Euphorbia tirucalli) is 'n boom wat eerder ronde as hoekige stingels het en het geen dorings nie.
Hierdie spesie kan nie met ander nabome verwar word nie. Die boom se FSA-nommer is 355.
Kraalnaboom | |
---|---|
Volgroeide boom in Mosambiek | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. tirucalli |
Binomiale naam | |
Euphorbia tirucalli L., (1753) | |
Sinonieme | |
|
In Suid-Afrika is die plant inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die boom kom veral voor in die stroomgebied van die Tugelarivier waar dit in bosveld groei. Daar word vermoed dat die plant gedurende die Ystertydperk uit Indië na Suider-Afrika gebring is. Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Angola, Botswana, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Indië, Kenia, Laccadive-eilande, Madagaskar, Malawi, Maledive, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Pakistan, Rwanda, Soedan, Somalië, Sri Lanka, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Wiki Commons bevat media in verband met Euphorbia tirucalli. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kraalnaboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.