Etimologie, vanuit die Griekse woord étumon (die regte of ware) en die agtervoegsel -logia (die studie van), is die deel van taalkunde wat die herkoms van die betekenis en vorm van woorde (of dele van woorde, soos voor- en agtervoegsels en woord-stamme) bestudeer.
Dit is een van die oudste onderdele van die taalstudie, reeds Aristoteles en Varro het opmerkings daaroor gemaak.
Die etimologie van 'n woord is die historiese verklaring vir die manier waarop die vorm van die woord tot stand gekom het; daarom word daar ook van die woordherkoms (Duits: Wortherkunft) gepraat.
Iemand wat etimologie beoefen word 'n etimoloog genoem. Etimoloë werk dikwels aan woordeboeke en ensiklopedieë.
In die mediese taalgebruik kom daar baie woorddele voor wat van Latynse of Griekse oorsprong is, en soms word daar ook van gekombineerde Latyns-Griekse vorme gebruik gemaak om om nuwe terme te skep.
As voorbeeld, die etimologie van die woord AANHANGIG:
Sien etimologie in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Etimologie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.