Esther Brand

Esther Cornelia Brand (neé Van Heerden; 29 September 1922 – 20 Junie 2015) was 'n Suid-Afrikaanse veldatleet.

Brand is tot dusver die eerste en enigste vroueatleet wat 'n goue medalje vir Suid-Afrika op die Olimpiese Spele kon inpalm. Sy het ook Suid-Afrikaanse titels in gewigstoot en skyfwerp gewen.

Esther Brand
Esther Brand tydens die Olimpiese Spele van 1952
Esther Brand tydens die Olimpiese Spele van 1952
Volle naam Esther Cornelia Brand
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geboortedatum 29 September 1922
Geboorteplek Springbok, Noord-Kaap
Sterftedatum 20 Junie 2015 (92 jaar)
Sterfteplek Bloemfontein
Sport Goud Hoogspring

As negentienjarige stel sy in 1941 'n wêreldhoogspringrekord van 1,66 meter op, ’n prestasie wat eers 19 jaar later erken is.

Op die Olimpiese Spele van 1952 in Helsinki het sy 'n goue medalje in die vroue-hoogspring gewen. Sy het die destydse skêr-styl gebruik, en kon met 'n hoogte van 1,67 meter oor die lat seil. Dit maak haar die eerste, en steeds enigste Suid-Afrikaanse vrou word wat ’n goue Olimpiese medalje in atletiek kon verwerf.

Brand is in Springbok in die Noord-Kaap gebore en is aan die Hoërskool Maitland in Kaapstad geskool. Sy was met Jan Brand getroud. Haar man het Suid-Afrika in 1948 met fietsry tydens die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig. Sy het ten tyde van haar afsterwe in Bloemfontein gewoon, waar sy op 92-jarige ouderdom geval en aan haar beserings beswyk het.

Sien ook

Verwysings

Tags:

192220 Junie201529 SeptemberAtleetOlimpiese SpeleSkyfwerpSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse randWet op NaturellengrondSwartbewussynsbewegingTrekarbeidDoopGeslagsgelykheidVolhoubaarheidGroepsgebiedewetSuid-EuropaKunsmisKarlien van JaarsveldPerdSlangKoue OorlogElektroniese of digitale mediaGroot Muur van ChinaResensieBysteekLys van Afrikaanse televisiereekseOlimpiese SpeleVratSlawernyGetalRomanIngenieursweseCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAfkortingTylaDieregeluideWeer (meteorologie)AfrikaansKnopiespinnekopEnsiklopedieBreingewasMiteTussenwerpselFossielbrandstofBeroerteKunsmatige intelligensieDialoog in fiksieBek-en-klouseerDricus du PlessisWebjoernaalLangste woordBloukraanvoëlOnse VaderVaste stofAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSokkerLabia (geslagsdele)Klein-KarooJan van RiebeeckCristiano RonaldoGordelroosSaartjie BaartmanKameelperdPeter SnydersNazi-DuitslandKlimaatsverandering in AfrikaNuwe TestamentBlourokkeOnderhandelinge om apartheid te beëindigBrongitisJaco JacobsAarverkalkingGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaHolocaustProteïenKongo-krisisWitrenosterBloemfonteinSwangerskapMynbouOrgasmeStaal🡆 More