Esmé Euvrard: Suid-Afrikaanse radio-omroeper, sanger en aktrise

Esmé Euvrard (geb.

19 Mei 1919, Smithfield, Oranje-Vrystaat – 11 September 1993, Sandton, Transvaal) was 'n radio-omroeper, sangeres en aktrise.

Esmé Euvrard
Geboorte 19 Mei 1919
Smithfield, Oranje-Vrystaat
Sterfte 11 September 1993 (op 74)
Sandton, Transvaal
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise, radio-omroeper en sangeres
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Op 26 Januarie 2020 is Esmé ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum.

Biografie

Radio

Esmé Euvrard was die jongste van vier kinders van Albertus en Anna Euvrard en was in haar tyd een van Suid-Afrika se gewildste radiopersoonlikhede. Sy en Jan Cronjé het saam opgetree in die langdurige Afrikaanse radiovervolgreekse Liefdeslied en Verbode Liefde (1953-1959) en ook Só Maak Mens aangebied, 'n program met wenke, resepte en onderhoude vir huishoudings wat van 1957 tot 1985 uitgesaai is toe Springbokradio gesluit het. Die program is daarna na Radio Suid-Afrika verskuif. Saam met Paul Desmond het sy Springbok Rendezvous aangebied, 'n program vir die 'seuns op die grens' wat bestaan het uit musiekversoeke en boodskappe, asook 'n gewilde Sondagaand-musiekprogram genaamd Esmé se Musiekalbum. Tannie Esmé was ook verantwoordelik vir baie Afrikaanse kinderprogramme.

Op 26 Januarie 2020 is Esmé ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum.

Haar seuns het 'n reuse skildery van Esmé asook die Ster van Suid-Afrika toekenning wat sy destyds van die Staatspresident ontvang het aan die legendesmuseum geskenk.

Film

Sy speel klein rolle in vyf rolprente, naamlik Man in die Donker (Truida Pohl / 1962), Majuba: Hill of Doves / Majuba: Heuwel van Duiwe (David Millin / 1968), Vrolike Vrydag die 13de (Richard Daneel / 1969), Stadig oor die Klippe (Richard Daneel / 1969) en Wolhaarstories (Bromley Cawood / 1983). Saam met Dana Niehaus het sy in die televisiereeks Net 'n Bietjie Liefde (Henk Hugo / 1977) opgetree. Sy en Cronjé het ook die sprekende stemme van onderskeidelik Marika Rökk en Paul Hubschmid oorgeklank vir die Afrikaanse weergawe van die Duitse film Maske in Blau (1953). Boonop was sy een van die vertellers van die Afrikaanse weergawe van die dokumentêr Krag vir Suid-Afrika (Denis Scully / 1959).

Musiek

Sy was getroud met die bekende Portugees-gebore flamenco-kitaarspeler Gilberto Bonegio en hulle het albei by die Mercedes Molina Spanish Dance Company aangesluit toe dit in 1958 gestig is. Sy was 'n talentvolle sangeres en sy en Gilberto het ten minste een fado-plaat geproduseer. In 1988 lewer sy 'n plaat van kinderverhale met die titel Diereverhaaltjies op. Gilberto is in 1964 oorlede nadat hy 20 maande in 'n koma was ná 'n motorongeluk en al haar toegewyde aanhangers het met haar verlies geïdentifiseer. Hul twee seuns, Raúl en Fernando, het in hul pa se voetspore gevolg en talentvolle flamenco-kunstenaars in eie reg geword.

Bronne

Tags:

Esmé Euvrard BiografieEsmé Euvrard BronneEsmé Euvrard11 September19 Mei19191993AktriseOranje-VrystaatSandtonSangeresSmithfieldTransvaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Steve HofmeyrKinismeEkonomieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereBeesHeupDulcie van den BerghGeskiedenis van AfrikaansJuan Antonio VillacañasWes-KaapWerkloosheidRoekelose DadeTsoenamiGé KorstenProstaatmasseringFokofpolisiekarBinnelandersHipoteseBrugLys van persone in die BybelRefentse MorakeKykNETVenda (taal)VerjaarsdagSt. LouisLys van NG gemeentesAfrikaanse Protestantse KerkJan van RiebeeckProstaatkankerPerdWebblaaierSenuweestelselTarentalePaulus van TarsusVarkAnale kankerPublieke domeinSpringbokkeAfrikaanse WikipediaGoudKoppeltekenKoggelmanderDiskriminasieHoërskool NoordheuwelDie Heuwels FantastiesNoord-KaapJoodse diasporaBesoedelingTwaalf Stamme van IsraelBrandmondsindroomSuid-AfrikaEternoJackie ChanPenisHoofkarakterBipolêre gemoedsteuringVir die voëlsKlipspringerOogproblemeHoofpynKankerAërobiese oefeningeDroomLipstiek DipstiekNoot vir NootSlot (rugby)AdolessensieVlag van ArmeniëMag (sosiale wetenskappe)AbdomenEngelandKaapstadVerkragtingMensGewone luislang🡆 More