Breëblaarkoraalboom

Die Breëblaarkoraalboom (Erythrina latissima) is een van die minder bekende koraalboomspesies, en vertoon minder skouspelagtig in die blomtyd.

Breëblaarkoraalboom
Breëblaarkoraalboom
Bloeiwyse
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. latissima
Binomiale naam
Erythrina latissima
E.Mey., (1836)
Sinonieme
  • Chirocalyx mollissimus Meisn.
  • Erythrina gibbsae Baker
  • Erythrina sandersoni Harv.

Habitat en verspreiding

Dié middelgroot boom kom in oop bosveld en rotsagtige plekke voor noordwaarts van Oos-Londen tot by die Lebomboberge asook in die sentrale deel van Zimbabwe. Dit is teenwoordig in die laerliggende dele van Transkei, KwaZulu-Natal, Eswatini, die Laeveld, Mosambiek en Zimbabwe.

Beskrywing

Dit is 'n ronde, gespreide boom wat 4,5 tot 6 m hoog word. Die takeindpunte is dik, vaalgrys en harig, en alleenstaande haakdorings kom op die takke voor. Die boom het groot, dik blare. Die blare is grysgroen, fluweelagtig en byna rond, en word spiraalvormig aan die takeindpunte gedra. Die blare, wat glad word wanneer hulle oud is, het onreëlmatige, golwende rande. Die blomme word in kompakte trosse aan die takeindpunte gedra. Die blomme is aanvanklik ligrooi, maar word later koraalrooi. Hoewel die boom baie met ander Erythrina-spesies ooreenstem, is sy blomme minder en benewens minder opvallend. Dit blom van einde Julie tot in September.

Fotogalery

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels


Tags:

Breëblaarkoraalboom Habitat en verspreidingBreëblaarkoraalboom BeskrywingBreëblaarkoraalboom FotogaleryBreëblaarkoraalboom Sien ookBreëblaarkoraalboom BronneBreëblaarkoraalboom Eksterne skakelsBreëblaarkoraalboom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BlomFilosofieAardkorsHamburgerAfleiding (taalkunde)SportTradisionele literatuurProteaMaagsweerPlastiekLys van kleureBaälDigvormSprokieRacheltjie de BeerGeloftedagSteenkool in Suid-AfrikaKoolhidraatSelfvertroueLeierWerkloosheidFrankrykEkotoerismeLys van musiekinstrumenteArmoedeRenosterOrthopteraRepubliek die KongoDriedimensioneelBoomslangInfeksieFotosinteseSelfmoordDemi Lee MooreKaaps-Hollandse stylLys van elemente volgens simboolAtmosfeerVerenigde KoninkrykInkomsteRob HersovVulvaMediese diagnoseReg tot ‘n gesonde omgewingStudievaardighedeDiamantCounter-Strike 2Leeudoringstad-spoorwegrampToekoms van die AardeKarooResensieVarkNasiebouDiarreeDieregeluideSkaakVrystaatGroepsgebiedewetDemokrasieBybelPinksterBeurtkragHartseerLys van Griekse mitologiese figureJaco JacobsLionel MessiAfrikanerweerstandsbewegingDokterLetterkundeTweede WêreldoorlogLenteGedigMark (ekonomie)KinderregteNederland🡆 More