Die Ernest Oppenheimerbrug tussen Suid-Afrika en Namibië is die mees westelike brug oor die Oranjerivier.
Hierdie brug se ligging is 28° 33′ 47″ suid en 16° 30′ 8″ oos in die Richtersveld. Dit is 10 km vanaf die Oranjerivier se monding in die Atlantiese Oseaan geleë en verbind die dorpe Alexanderbaai in Suid-Afrika en Oranjemund in Namibië. Die afstand tussen Port Nolloth en Oranjemund is 88 km.
Die brug is op 7 Februarie 1951 deur Kol. Imker Hoogenhout geopen en vernoem na Ernest Oppenheimer. Vroeër moes alle swaar mynbouwerktuie per vragmotor vanaf Kolmanskop in die noorde na die diamantdelwerye rondom die kus en monding van die rivier aangery word. Dit was 'n groot ompad.
Daar is besluit dat Christiani & Nielson (S.A.) Pty. Ltd. die brug ontwerp en van Januarie tot Desember 1950 is dit opgerig vir die eienaars van Consolidated Diamond Mining of South West Africa. Dieselfde ingenieursbedryf het die opknappingswerk in 1965 onderneem.
Hierdie enkelbaanbrug is 915 m lank en slegs 3,65 m breed. Dit is die langste enkelbaanbrug in Suidelike Afrika en die langste brug in privaatbesit in die Suidelike Halfrond.
Aan beide kante van die brug is 'n grenspos.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ernest Oppenheimerbrug, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.