Dwergplaneet Eris

Eris, amptelik 136199 Eris en simbool , is die dwergplaneet (en plutoïde) in die Sonnestelsel met die grootste massa.

Met 'n deursnee van 2 326 km is dit die tweede grootste dwergplaneet (effens kleiner as Pluto). Dit is bekend nadat New Horizons laasgenoemde se deursnee in Julie 2015 as 2 376,6 km gemeet het.

Eris   ⯰
Die dwergplaneet Eris
Eris en sy maan Disnomia (links), soos waargeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Ontdekking
Ontdek deur Michael E. Brown
Chad Trujillo
David Rabinowitz
Datum 5 Januarie 2005
Alternatiewe name2003 UB313
Kleinplaneet-kategorie Dwergplaneet
TNV
Plutoïde
VSV
Etimologie Eris
Wentelbaaneienskappe
Epog 6 Maart 2006
(JD 2 453 800,5)
Afelium 97,56 AE
14,609 km
Perihelium 37,77 AE
5,659 km
Halwe lengteas 67,67 AE
10,129 km
Wentelperiode 203 600 dae
557 jaar
Gem. omwentelingspoed 3,436 km/s
Gem. anomalie 197,634 27°
Baanhelling 44,187°
Lengteligging van stygende nodus 35,869 6°
Periheliumhoek 151,430 5°
Natuurlike satelliete Disnomia
Fisiese eienskappe
Gem. radius 1163 ± 6 km
Oppervlakte 17 000 000 km²
Massa (1,67 ± 0,02)22 kg
(0,0028 aardmassas)
(0,23 maanmassas)
Gem. digtheid 2,52 ± 0,05 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,827 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
1,384 km/s
Sideriese
rotasieperiode
25,9 ± 8 h
Oppervlak-temp.
   (ongeveer)
mingem.maks
30 K42,5 K55 K
Spektraaltipe: B-V = 0,78, V-R = 0,45
Skynmagnitude 18,7
Absolute magnitude −1,19 ± 0,3
Hoekgrootte 40 milli-boogsekondes
Dwergplaneet Eris
Animasie wat die beweging van Eris aandui op die beelde wat tot die ontdekking daarvan gelei het. Eris word uitgewys met 'n pyl. Die drie rame is oor 'n tydperk van drie uur geneem.
Dwergplaneet Eris
'n Kunstenaarsvoorstelling van Eris.
Dwergplaneet Eris
'n Kunstenaarsvoorstelling van Eris met sy satelliet Disnomia.

Geskiedenis

Eris is op 5 Januarie 2005 ontdek deur 'n span sterrekundiges van die Palomar-sterrewag in Kalifornië onder leiding van Mike Brown, wat dit tydelik "Xena" gedoop het (na die hoofkarakter in die televisiereeks Xena: Warrior Princess).

Die ontdekking is later daardie jaar bevestig. In September 2006 is dit genoem na Eris, die Griekse godin van twis en onenigheid.

Eienskappe

Eris is drie keer verder van die son af as Pluto, naamlik 96,7 AE. Dit is die voorwerp met die negende grootste massa wat regstreeks om die Son wentel, en die 16de grootste massa in die Sonnestelsel (sewe mane is swaarder as al die bekende dwergplanete). Dit is ook die grootste liggaam wat nog nie deur ’n ruimtetuig besoek is nie. Eris het ’n deursnee van 2 326 km. Sy massa is sowat 0,27% van die Aarde s'n en sowat 27% meer as Pluto s'n, hoewel Pluto groter is.

Eris is verder as die Kuiper-gordel geleë, in 'n streek wat as die verstrooide skyf bekend staan. Dit het self 'n natuurlike satelliet, Disnomia. Onlangse waarnemings het geen aanduidings van ander mane gevind nie. Met die uitsondering van 'n paar komete en 2018 VG18, wat op 17 Desember 2018 ontdek is, is Eris en Disnomia die mees afgeleë natuurlike voorwerpe in die Sonnestelsel.

Omdat eers geglo is dat Eris groter as Pluto is, het sy ontdekkers en Nasa dit aanvanklik as die 10de planeet in die Sonnestelsel beskryf. Hierdie beskrywing en die potensiële bestaan van ander soortgelyke hemelliggame het die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) genoodsaak om die term "planeet" vir die eerste keer te definieer. Volgens hierdie definisie, wat op 24 Augustus 2006 aanvaar is, word Eris, Pluto, Ceres, Haumea en Makemake tans almal as "dwergplanete" geklassifiseer. So is die getal planete in die Sonnestelsel tot agt verminder, dieselfde as voor Pluto se ontdekking in 1930.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Dwergplaneet Eris GeskiedenisDwergplaneet Eris EienskappeDwergplaneet Eris VerwysingsDwergplaneet Eris Eksterne skakelsDwergplaneet ErisDwergplaneetMassaNew HorizonsPlutoPluto (dwergplaneet)SonnestelselSterrekundige simbool

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Septimius AwardsSendelingposisieKankerLieweheersbesiePaasfeesOrale seksWatersuiweringSeisoenBeesvleisProstaatklierGenitale vratCarike KeuzenkampBeaufortskaalJan van RiebeeckVerkouePersentasieIndiëSkoenlapperWaterbesparing in Suid-AfrikaLionel PetersonKaapstadse waterkrisis 2015-2018JudaïsmeMaanMaagFotosinteseKinderregteAfkortingAsemhalingReënvalbepalingWerkwoordJeugdagBruin menseSaartjie BaartmanVerlede tydMusieksimbolePoesLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHorlosieRonelda KamferMielieElon MuskGloeilampWitrenosterBrittany Ashton HolmesDistrik SesEienaamKoperLemoenKappie (skryfteken)VoorvoegselGesonde dieetGianna MichaelsDonkieVoornaamwoordGregoriaanse kalenderOopbroninhoudToutrekSkuinsstreepOmgewingsbeheerKlimaatsverandering in Suid-AfrikaDeelwoordHamburgerEiffeltoringVolstruisLeeuMiteKaartVolhoubare ontwikkelingSuid-Afrikaanse GrensoorlogKinkhoesInfeksieRooikatPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNeerslagProstaatkankerDiskriminasieAborsieEkostelsel🡆 More