Eridan-Vuurpyl

Die Eridan is 'n tweefase Franse peilvuurpyl, wat die Stromboli-enjin gebruik van die Dragon en Dauphin as eerste en tweede stadium.

Dit behoort dus aan 'n familie van vaste-dryfmiddel vuurpyle uit die Belier-, CENTAURE-, Dragon-, Dauphin- en Eridan-klas. As die kragtigste weergawe van hierdie familie vuurpyle kan dit vragte van 100-420 kg lig tot hoogtes van 200 km tot 'n maksimum van 460 km. Sy klimtyd is tussen 230 en 350 sekondes.

Sogenaamde peilvuurpyle word gebruik in navorsing om wetenskaplike en atmosferiese inligting in te samel. Dit geskied terwyl die vuurpyl na styging sy boonste kurwe bereik, 'n kort sweeftyd ondergaan en daarna gewoonlik met behulp van 'n valskerm stadig terugval aarde toe.

Die Eridan se hooflanseerwerf was Kourou, maar die eerste lansering op 26 September 1968 by hierdie werf het misluk. Twaalf addisionele vuurpyle is later afgevuur wat hoogtes van 196-420 km bereik het tussen 12 April 1969 en 14 November 1979. Twee eksemplare is in Januarie en Februarie 1975 gelanseer vanaf die Kergueleneilande.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkersdagSaartjie BaartmanWetenskaplike klassifikasieRob HersovTrekarbeidNatuurrampElzette MaarschalkLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsNagapieBrandmondsindroomUitwerking van klimaatsveranderingVigsBonné de BodKliniese depressieHartPenisGordelroosMetafoorHerpes simplexBeeldspraakOrgasmeSwartwitpensGeestesgesondheidKalsiumJo BlackNederduitse Gereformeerde KerkAndré JacobsPornografiese subgenresKlereTurksvyPlae van EgipteKrokodilTydSpysverteringstelselAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidIngenieursweseCSSOogproblemeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDiepaartromboseGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaElizabeth II van die Verenigde KoninkrykTrappe van vergelykingSelfiePornhubGrondwet van Suid-AfrikaWilna SnymanYstertydperkSwemBiodiversiteitWiskundeNierErns GrundlingJesus van NasaretKaapstadse waterkrisis 2015-2018Koos BekkerNadia ValvekensWaterkringloopKameelperdVolhoubare ontwikkelingPornografiese akteurAt BothaDoelwitKlavierSlag van BloedrivierNeerslagSwaweldioksiedLys van Afrikaanse televisiereekseGroot DepressieDawidJohannesburgNamakwalandStikstofKasteel die Goeie HoopElektrisiteitsvoorsieningKolorektale kankerDrinkwatervoorsieningChemiese elementJode🡆 More