Erebos (Grieks: Ἔρεβος; diep skadu of donkerte) was in die Griekse mitologie die seun van die heel eerste god, Chaos, die leegte waaruit die heelal ontstaan het.
Hy was die verpersoonliking van die duisternis en skaduwee. Hy word dikwels beskou as deel van die onderwêreld en daarom word sy naam ook genoem saam met dié van Tartaros en Hades.
Volgens Hesiodus se Teogonie is Erebos sonder geslagsgemeenskap uit Chaos gebore, nes Nyx, Eros, Tartaros en Gaia.
Hy en sy suster Nyx het saam die volgende kinders gehad: Hemera (Dag), Eter (Lug), Ker (die Dood), Oneiroi (Drome), Hipnos (Slaap), sy tweelingbroer Tanatos (die Dood), Momus (Satire), Geras (god van ouderdom), Nemesis (Wraak) en die bootsman Charon. Volgens sommige mites is hy en Nyx ook die ouers van die skikgodinne.
Erebos is later uitgebeeld as ’n streek van Hades, die onderwêreld. Mense moes ná hul dood eers hierdeur reis en Charon het hulle dan oor die rivier Styx geneem, waarna hulle die land van die afgestorwenes betree het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Erebos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.