Maan Enkelados

Enkelados (Grieks: Ἐγκέλαδος; ook Saturnus II) is die sesde grootste natuurlike satelliet van die planeet Saturnus.

Die maan is op 28 Augustus 1789 deur William Herschel ontdek en is genoem na Enkelados, een van die Titane in die Griekse mitologie wat verslaan en deur Atena onder die berg Etna begrawe is.

Enkelados   
Maan Enkelados
Enkelados se Noordelike Halfrond.
Ontdekking
Ontdek deur William Herschel
Datum 28 Augustus 1789
Alternatiewe nameSaturnus II
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 237 948 km
Wentelperiode 1,370 218 dae
Baanhelling 0,019° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 513,2×502,8×496,6 km
Gem. radius 252,1 ± 0,2 km 
(0,0395 Aardes)
Massa 1,080 22 ± 0,001 01×1020 kg
(1,8×10−5 Aardes)
Gem. digtheid 1,609 ± 0,005 g/cm³
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,114 m/s²
0,011 3 g
Ontsnapping-
snelheid
0,239 km/s
860,4 km/h
Rotasieperiode sinchronies
Ashelling geen
1,375 ± 0,008 (geometries)
0,99 (Bond) 
Oppervlak-temp.
   Kelvin
mingem.maks
32,9 K75 K145 K
Skynmagnitude 11,7
Atmosfeer
Oppervlakdruk spoor, belangrike ruimte variasie
Samestelling 91% Waterdamp
4% Stikstof
3,2% Koolstofdioksied
1,7% Metaan
Maan Enkelados
Enkelados, soos afgeneem deur die Cassini-ruimtetuig in 2008.
Maan Enkelados
'n Kunstenaarskonsep van 'n uitsig oor die oppervlak van Enkelados met Saturnus (regs) en die Cassini-ruimtetig (bo) in die agtergrond.

Enkelados se oppervlak weerkaats amper alle sonlig. Die maan het die grootste albedo in die Sonnestelsel (> 0,9). Die gevolg is 'n gemiddelde temperatuur van net -198 °C, baie kouer as wat dit sou wees as dit sonlig geabsorbeer het. In 2005 is daar geisers op Enkelados ontdek wat waterdamp tot 'n hoogte van amper 500 km uitspoeg.

Daar is op 9 Maart 2006 bevestig dat die Cassini-ruimtetig die aanwesigheid van vloeibare water waargeneem het.

Verkenning van Enkelados

Voyager 2 het die eerste duidelike beelde van Enkelados uit die ruimte geneem. Voyager 1 kon Enkelados slegs van 'n groot afstand in Desember 1980 waarneem, maar in Augustus 1981 het Voyager 2 die geleentheid gehad om beelde met 'n veel hoër resolusie as Voyager 1 te neem en is die oppervlak van Enkelados ook vir die eerste keer van naby gesien.

Die volgende gedetailleerde verkenning het eers weer op 30 Junie 2004 begin, met die aankoms van die Cassini-ruimtetuig. Ná bestudering van die foto's van Enkelados deur Voyager 2 het die beplanners van die Cassinisending Enkelados as 'n topprioriteit beskou. Daar is talle verbyvlugte beplan wat Cassini tot ongeveer 175 km van die oppervlak sou bring.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

178928 AugustusAtenaEnkeladosGrieksGriekse mitologieNatuurlike satellietSaturnus (planeet)Titaan (mitologie)William Herschel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VloeistofSatellietfotoOnderwerp (taalkunde)BoomslangInternetPinksterZack du PlessisLys van chemiese elemente volgens atoomgetalHipoteseNasiebouErosietipesWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteKunsApartheidVolhoubare ontwikkelingAbstraksie (rekenaarwetenskap)Soweto-opstandDriehoekTaalAngolese BurgeroorlogHamburgerPad na jou hartTierVoorvoegselInflasieDieregeluideAustraliëBreinLugbesoedelingSpelerposisies in rugbyGestremdheidWiskundeArmoedeGroot vyfLenteCarles PuigdemontTrappe van vergelykingSpinnekopKaartLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSoortnaamChristendomFrankrykHector PietersonAnglisismeGlobaliseringOorstromingDie Laaste Avondmaal (Leonardo)SonpaneelLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierBlourokkeSteenkool in Suid-AfrikaSmaakMuskietTuberkuloseHannes van WykJeanette FerreiraGewone breukeMIV/vigs in Suid-AfrikaLetterlike en figuurlike taalgebruikMetafoorSwangerskapLys van Nederlandse skildersAanpassingskapasiteitVerenigde State van AmerikaVoornaamwoordProteaLionel MessiWaterTweede WêreldoorlogBosluisbytkoorsPankreasVoegwoordMetaal🡆 More