English Electric Lightning: 'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era.

Die English Electric Lightning is 'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era.

Dit is ontwerp, ontwikkel en vervaardig deur English Electric, wat later geabsorbeer is deur die nuutgestigte British Aircraft Corporation. Dit is daarna bemark as die BAC Lightning. Die Lightning was die enigste volledig-Britse Mach 2 vegvliegtuig. Die Lightning is gebruik deur die Britse Lugmag (Royal Air Force) en die Koninklike Saoedi Lugmag (RSAF). Alhoewel dit die RAF se primêre onderskepper was vir meer as twee dekades, was dit nooit nodig om 'n ander vliegtuig aan te val nie.

Lightning
English Electric Lightning: Tegniese besonderhede, Sien ook, Verwysings
Lightning F.3 in 1964
Tipe Onderskepper
Vervaardiger English Electric, later ook
British Aircraft Corporation
Nooiensvlug 4 Augustus 1954 (P.1A)
4 April 1957
Vrygestel Desember 1959
Onttrek 1988 (RAF)
Status uit diens gestel
Hoofgebruikers Britse Koninklike Lugmag
Koeweitse Lugmag
Koninklike Saoedi Lugmag
Aantal gebou 337 (insl. prototipes)
English Electric Lightning: Tegniese besonderhede, Sien ook, Verwysings
Lightning T.5 XS417 by Newark Lugmuseum
English Electric Lightning: Tegniese besonderhede, Sien ook, Verwysings
ZU-BEX Electric Lightning T5 langs 'n Jaguar E-type in Kaapstad, Suid-Afrika, in 2002

Die Lightning word aangedryf deur twee Rolls-Royce Avon turbostralerenjins in 'n unieke steiergestapelde installasie in die romp. Dit is ontwikkel om toenemend-kragtiger bomwerpers (Toepolef Tu-16, Toepolef Tu-22, Toepolef Tu-95) te onderskep, en spog dus met 'n uitsonderlike klimkoers, diensplafon en spoed; vlieëniers het 'n vlug hiermee beskryf as "om opgesaal te wees aan 'n vuurpyl". Hierdie prestasie het die Lightning ongelukkig 'n "brandstof-kritiese" vliegtuig gemaak, wat beteken dat sy missies tot 'n groot mate bepaal word deur sy beperkte reikafstand. Latere ontwikkelings bied 'n groter togafstand en spoed saam met lugverkenning- en grondaanvalsvermoë.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die English Electric Lightning:
Item Statistiek
Aantal motors 2
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger Rolls-Royce Avon 301 turbostraal met nabrander.
Kraglewering per motor 7 420 perdekrag
Vlerkspan 10,62 m
Lengte 16,84 m
Hoogte 5,97 m
Vlerkoppervlakte 42,97 m2
Normale opstygmassa 19 047 kg
Maksimum snelheid 2 112 km/h
Operasionele hoogte 16 770 m
Togafstand 1 290 km
Klimvermoë 15 240 m per minuut
Bewapening Twee Red Top of Firebreak infrarooisoekende lug-tot-lug missiele
of twee batterye van 22 50 mm ongeleide vuurpyle.
Twee 30 mm Aden kanonne kan ook in die buik gedra word.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

English Electric Lightning Tegniese besonderhedeEnglish Electric Lightning Sien ookEnglish Electric Lightning VerwysingsEnglish Electric Lightning Eksterne skakelsEnglish Electric LightningBritse LugmagKoninklike Saoedi LugmagKoue OorlogMach-getalVegvliegtuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GalblaasStadYslandRekenaarSwartbewussynsbewegingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSkildklierMisdaadBTWOos-KaapEnsiklopedieTrappe van vergelykingSkoenlapperKlinkerKameelperdLarry PageSteenkool in Suid-AfrikaJanie du PlessisMobutu Sese SekoGoudkus (streek)Wiki CommonsMiddeloorontstekingSharpeville-slagtingSkuinsstreepMagneetLys van Afrikaanse digtersMikro-ekonomieNiersteenSamestellingTuisbladBeeldspraakLuiperdSowjetunieDie ontstaan van die dramaVerkleinwoordTydOogStedelike hitte-eilandGoogle MapsBeurtkragMolekuulTransatlantiese slawehandelFrankrykLys van Afrikaanse skrywersLys van Suid-Afrikaanse skrywersWikiCalviniaGalileo GalileiSlag van Cuito CuanavaleNederduitsch Hervormde KerkVlekvrye staalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWiskundeKlimaatveranderingPinksterDriedimensioneelHeuningbyHelpmekaar-kollegeAnilingusJansenvilleIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieBoelieryFabelWerkersdagDiskriminasieSteve BikoDirekte en Indirekte redeKewerMielieGeskiedenis van Suid-AfrikaOopbroninhoudWekkerPeter SnydersMeettegniekE-posWhatsAppAntjie Somers🡆 More