'n Elektronskil, ook bekend as 'n hoofenergievlak, is 'n groep atoomorbitale met dieselfde waarde as die hoofkwantumgetal n.
Elektronskille bestaan uit een of meer subskille of subvlakke, wat twee of meer orbitale het met dieselfde hoekmomentum kwantumgetal van 1. Elektronskille maak saam die elektronkonfigurasie van 'n atoom uit.
Daar kan getoon word dat die aantal elektrone wat in 'n skil gevind kan word gelyk is aan .
Skil naam | Subskilnaam | Subskil maks elektrone | Skil maks elektrone |
---|---|---|---|
K | 1s | 2 | 2 |
L | 2s | 2 | 2 + 6 = 8 |
2p | 6 | ||
M | 3s | 2 | 2 + 6 + 10 = 18 |
3p | 6 | ||
3d | 10 | ||
N | 4s | 2 | 2 + 6 + 10 + 14 = 32 |
4p | 6 | ||
4d | 10 | ||
4f | 14 | ||
O | 5s | 2 | 2 + 6 + 10 + 14 + 18 = 50 |
5p | 6 | ||
5d | 10 | ||
5f | 14 | ||
5g | 18 |
Bv, kalsium (Ca) het 20 protone en 20 elektrone. Dus sal kalsium 2 elektrone in skil K, hê, 8 in skil L en 10 in skil M.
Die bestaan van elektronskille is deur Charles Barkla en Henry Moseley vir die eerste keer waargeneem deur X-straal absorpsie studies. Barkla het hulle aangedui met die letters K, L, M ens. Daar is later gevind dat hierdie letters ooreenstem met die n-getalle 1,2, 3 ensovoorts. Hulle word gebruik in spektroskopiese Siegbahn-notasie.
Die naam vir elektronskille vind sy oorsprong uit die Bohr-model, waar daar geglo is dat groepe elektrone op sekere afstande vanaf die kern wentel en sodoende "skille" vorm.
Die valensie-skil is die buitenste energievlak van 'n atoom in sy onverbonde toestand, wat die elektrone bevat wat die grootste invloed uitoefen op die aard van die reaksies waar die atoom by betrokke kan wees en die chemiese verbindings wat dit met ander atome kan vorm. Die elektrone in die valensievlak word na verwys as valenselektrone. Die fisiese chemikus, Gilbert Lewis was verantwoordelik vir baie van die vroeëre ontwikkelingswerk oor die teorie rondom valenselektrone se deelname aan chemiese verbindings. Linus Pauling het later die teorie veralgemeen en uitgebrei deur sy insigte in kwantummeganika toe te pas.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Elektronskil, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.