Ellispark-Stadion

Ellispark-stadion (tans bekend as Emirates Airline Park weens borgskapredes) is ’n stadion wat in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika, geleë is.

Die Rugbywêreldbeker 1995-eindstryd, waar die Springbokke geseëvier het, het hier plaasgevind. Dié groot stadion was die land se modernste toe dit in 1982 opgegradeer is om vir bykans 60 000 toeskouers voorsiening te maak. Vandag word beide sokker- en rugbywedstryde daar gespeel en word dit ook gebruik vir ander groot geleenthede, soos onder andere opelugkonserte en geloofsbyeenkomste. Die enigste tyd wat daar nie rugby gespeel is op die veld nie, was tydens die 1980- en 1981-seisoene toe die stadion opgegradeer is.

Ellispark-stadion
Ellispark-Stadion

Volle naam Ellispark-stadion
Ligging Hoek van Currey- en Staibstrate, Doornfontein, Johannesburg
Koördinate 26°11′51.07″S 28°3′38.76″O / 26.1975194°S 28.0607667°O / -26.1975194; 28.0607667 28°3′38.76″O / 26.1975194°S 28.0607667°O / -26.1975194; 28.0607667
Eienaar Stad Johannesburg
Operateur Ellis Park World of Sport
Kapasiteit 62 567 (sokker en rugby)
55 686 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1927
Geopen 1928
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Boukoste £5 000 (1927)
R40 miljoen (2009)
Huurders
Goue Leeus
Lions
Springbokke
Orlando Pirates FC
Ellispark-Stadion
Lugbeeld van die Ellispark-stadion

Die stadion is genoem na mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die bou van die stadion beskikbaar gestel het.

Liga-, provinsiale en internasionale rugbywedstryde is al in die stadion gespeel. Bekende sokkerspanne soos Manchester United en Arsenal F.C. het al hier sokkerwedstryde gespeel. Ellispark-stadion is die middelpunt van ’n sportsentrum in die suidooste van Johannesburg waar dit begrens word deur die Johannesburgstadion (atletiek), die Standard Bankstadion (tennis) en ’n Olimpiese-standaard swembad.

Ellispark-stadion is die tuisveld van die volgende spanne:

Krieketwedstryde het ook al in die stadion plaasgevind in die verlede. Ses toetswedstryde het tussen 1948 en 1954 daar plaasgevind, maar dit is nie weer vir eersterangse krieket gebruik sedert die opening van die Wanderersstadion in 1956 nie, en word tans slegs vir rugby en sokker gebruik.

In 1889 is die Transvaalse Rugby Voetbalunie gestig (nou bekend as die Goue Leeus). Hul eerste wedstryde is by die Wanderersklub gespeel wie se gronde toe nog nabygeleë was (waar die Johannesburg Parkstasie vandag is).

Geskiedenis

Ellispark-Stadion 
Sokkerwedstryd tussen Brasilië en Noord-Korea tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Ellispark-Stadion 
Sokkerwedstryd tussen Slowenië en die Verenigde State tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Geskille tussen die verskillende rugbyklubs en ook die Wanderers se eis dat die veld vir krieket gebruik moet word het die TRVU destyds genoop om na ’n alternatief te kyk.

’n Gebied wat voorheen gebruik is vir die stort van rommel is in 1927 in Doornfontein geïdentifiseer as ’n moontlike alternatief. Die TRVU het met die Johannesburgse stadsraad se Mnr. JD Ellis onderhandel om die 13 akker en die gronde is toe beskikbaar gestel. Die finale huurooreenkoms is op 10 Oktober 1927 onderteken. ’n Kwotasie vir £600 is aanvaar vir die lê van die stadion se gras en met ’n £5 000-lening van die stadsraad af, het die bou van die stadion ’n aanvang geneem. Die stadion is in agt maande voltooi en die eerste rugbytoets tussen die Springbokke en All Blacks is in Junie 1928 daar gespeel. Skares van tussen 38 000 en ’n rekordskare van 100 000, tydens die toets teen die Britse en Ierse Leeus in 1955, het al wedstryde in die stadion bygewoon.

Krieketwedstryde is daar begin speel nadat ’n ooreenkoms tussen die TRVU en dTransvaalse Krieketunie bereik is. Tussen 1947, toe die krieketblad gelê is, en 1956 is verskeie internasionale wedstryde daar gespeel tot en met die finale wedstryd van die 1953/1954 reeks teen Nieu-Seeland. Krieket het toe verskuif na die huidige Wanderersstadion.

Op 28 April 1969 het die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) ’n komitee gestig om die moontlikhede van ’n nuwe stadion te ondersoek, aangesien die een in gebruik nie aan al die moderne vereistes voldoen het nie. Die ou Ellispark-stadion is toe eers tien jaar later, na die wedstryd tussen Transvaal en die Wêreldspan op 31 Maart 1979, gesloop. Rugbywedstryde is te Wanderers gespeel terwyl die nuwe stadion in aanbou was.

’n Nuwe TRVU-bestuur is in 1984 verkies met Dr Louis Luyt as voorsitter en Prof Joe Poolman as ondervoorsitter. Die besluit is toe geneem om Ellispark-stadion onder die bestuur van ’n trust te plaas. In 1987, na die notering van Ellispark-stadion op die aandelebeurs en vanweë beter finansiële bestuur onder Dr Luyt, is daar aangekondig dat die uitstaande skuld ten bedrae van R53 miljoen ten volle betaal is en dat daar voortgegaan sou kon word met die oprig van 86 nuwe losies.

In 1995 het rugbykoors hoog geloop toe Suid-Afrika die gasheerland was vir die Rugbywêreldbeker 1995, die grootste gebeurtenis op die rugbykalender. Ellispark was dan ook waar die Wêreldbekereindstryd op 24 Junie 1995 gespeel is. Die skouspelagtige eindstryd is deur 62 000 toeskouers by die stadion en miljoene TV-kykers aanskou. Suid-Afrika het die wedstryd met 15–12 gewen nadat ekstra tyd toegelaat is.

Op 11 April 2001 tydens ’n plaaslike sokkerwedstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates FC het ’n stormloop deur die skare gelei tot die dood van 42 mense. Dit bly tot vandag toe die grootste lewensverlies ooit vir ’n ramp van so ’n aard in Suid-Afrika. In 2005 is geskiedenis gemaak toe Ellispark-stadion die eerste stadion in Suid-Afrika geword het met ’n swart meerderheidsaandeelhouding.

Ellispark-stadion was die gasheer van een van die halfeindwedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die kapasiteit van die stadion is gedurende 2009 opgegradeer om ’n verdere 10 000 mense te akkommodeer, ’n totaal van 70 000 sitplekke.

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 1995

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
27 Mei 1995 Ellispark-Stadion   Ierland 19–43 Ellispark-Stadion  Nieu-Seeland Groep C 38 000
31 Mei 1995 Ellispark-Stadion  Nieu-Seeland 34–9 Ellispark-Stadion  Wallis Groep C 38 000
4 Junie 1995 Ellispark-Stadion   Ierland 24–23 Ellispark-Stadion  Wallis Groep C 35 000
10 Junie 1995 Ellispark-Stadion  Suid-Afrika 42–14 Ellispark-Stadion  Samoa Kwarteindrondte 52 000
24 Junie 1995 Ellispark-Stadion  Suid-Afrika 15–12 (e.t.) Ellispark-Stadion  Nieu-Seeland Eindstryd 65 000

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Junie 2009 16:00 Ellispark-Stadion  Suid-Afrika 0–0 Ellispark-Stadion  Irak Groep A 48 837
18 Junie 2009 20:30 Ellispark-Stadion  Egipte 1–0 Ellispark-Stadion  Italië Groep B 52 150
20 Junie 2009 20:30 Ellispark-Stadion  Irak 0–0 Ellispark-Stadion  Nieu-Seeland Groep A 23 295
25 Junie 2009 20:30 Ellispark-Stadion  Brasilië 1–0 Ellispark-Stadion  Suid-Afrika Halfeindrondte 48 049
28 Junie 2009 20:30 Ellispark-Stadion  Verenigde State 2–3 Ellispark-Stadion  Brasilië Eindstryd 52 291

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
12 Junie 2010 16:00 Ellispark-Stadion  Argentinië 1–0 Ellispark-Stadion  Nigerië Groep B 55 686
15 Junie 2010 20:30 Ellispark-Stadion  Brasilië 2–1 Ellispark-Stadion  Noord-Korea Groep G 54 331
18 Junie 2010 16:00 Ellispark-Stadion  Slowenië 2–2 Ellispark-Stadion  Verenigde State Groep C 45 573
21 Junie 2010 20:30 Ellispark-Stadion  Spanje 2–0 Ellispark-Stadion  Honduras Groep H 54 386
24 Junie 2010 16:00 Ellispark-Stadion  Slowakye 3–2 Ellispark-Stadion  Italië Groep F 53 412
28 Junie 2010 20:30 Ellispark-Stadion  Brasilië 3–0 Ellispark-Stadion  Chili Agtste eindrondte 54 096
3 Julie 2010 20:30 Ellispark-Stadion  Paraguay 0–1 Ellispark-Stadion  Spanje Kwarteindrondte 55 359

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Ellispark-Stadion GeskiedenisEllispark-Stadion WedstrydeEllispark-Stadion Sien ookEllispark-Stadion Eksterne skakelsEllispark-StadionGautengJohannesburgRugbyRugbywêreldbeker 1995SokkerSpringbokkeStadionSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DramaNoord-AmerikaDonker materieLettergreepTuberkuloseVerkoueWhitey BassonBoet TroskieBynierVrouAmalia UysHondsdolheidIranLys van kleureSteve BikoAppelblaarDansAkuutMartin BesterOnderwys in Suid-AfrikaTweede WêreldoorlogGNU-lisensie vir vrye dokumentasieMaanHartversakingKangaroeEInsekNardusAngssteuringAnette EngelbrechtLys van veltoestandeWashington, D.C.FilosofieWiskundeStrandbeestCHottentot (vis)Jan BloukaasPuberteitKanadese nasionale krieketspanNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweE-posPaarl GimnasiumDuitse perdebyGetalOorlog in Soedan (sedert 2023)ISBNDigvormRenteGodsdiensFiksieKlein vyf diereSuurstofPtolemeusCobus RossouwPersentasieHeupStaat PalestinaRolprentOrganometaalchemieInfeksieVier temperamenteKoöperasiestoriesGeelsugMarie PentzWet op NaturellengrondReënspinnekopNieu-SeelandLongSwedeWikiquote🡆 More