Elleke Boehmer

Elleke Boehmer (1961-) is ’n Suid-Afrikaansgebore akademikus en skryfster.

Sy is 'n professor in Engelse wêreldliteratuur aan die Universiteit van Oxford in Engeland. Haar romans en kortverhaalbundels sluit in Screens Against The Sky, An Immaculate Figure, Bloodlines en Sharmilla, and Other Portraits. Onder haar akademiese werk tel in Colonial and Postcolonial Literature: Migrant Metaphors, Empire Writing: An Anthology of Colonial Literature 1870–1918, Nelson Mandela: Post-colonial Thinker en J.M. Coetzee in Context and Theory.

Elleke Boehmer
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboorte 1961
Durban
Titel Professor in Engelse wêreldliteratuur
Beroep Akademikus, skrywer

Lewensloop

Elleke Boehmer is in 1961 van Nederlandse ouers in Durban gebore. Sy studeer vir 'n graad in Engels en Moderne Tale in die Oos-Kaap, gevolg deur 'n onvolledige jaar in geneeskunde. In die tyd is sy sterk deur Steve Biko en die Swart Bewussynsbeweging beïnvloed. Sy werk vir 'n jaar en 'n half as 'n Engelse onderwyser in Mamelodi, waarna sy 'n Rhodes-beurs wen om aan die Universiteit van Oxford te studeer.

In Engeland verwerf sy 'n MPhil-graad in Engelse letterkunde gevolg deur 'n doktorale tesis, beide aan die St John's College. In 1990 verskyn haar eerste roman Screens Against the Sky. Sy doseer aan die St John's College, en daarna aan die universiteite van Exeter, Leeds, Nottingham Trent en die Universiteit van Londen. Sedert 2007 is sy professor in Engelse wêreldliteratuur aan die Universiteit van Oxford.

Boehmer is getroud en het twee seuns.

Die Olive Schreiner-prys word in 2018 aan haar toegeken.

Verwysings

Tags:

EngelandKortverhaalRomanSkrywerSuid-AfrikaUniversiteit van Oxford

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Joodse feeste en herdenkingsUniegebouDelft, KaapstadMark (ekonomie)Desmond TutuVoedselkettingMeervoudRoofvoëlRoofdierByung-Chul HanBosluisbytkoorsBewussynVerlede tydPropagandaMandalaAtoomLys van Kaapstad se voorstedeGetalKrokodilVratVlinderLys van politieke partye in Suid-AfrikaVrystaatAppendiksBurgerregteAlliterasieIronieBosbokNelson Mandela23 AprilOlimpiese SpeleJansenvilleZoeloeDigvormSeksposisieBreyten BreytenbachMieliestronkKoolstofAngolaKunstenaarDie GelofteEweknienetwerkSinoniemDistrik SesDigtheidOnderhandelinge om apartheid te beëindig7de LaanDemokratiese Republiek die KongoGroepsdrukChroniese siekteKinderregteAndrew DavisTransatlantiese slawehandelNasiebouGautengKangaroeAdolf HitlerIndiëEuropaDie ontstaan van die dramaLys van musiekinstrumenteAluminiumBruin huisslangWisselkoersKoolhidraatSelfoonPersoon (taalkunde)BronsHoofletterDikdermLidwoordWaterbesoedelingAlkoholismeSeksuele penetrasieStikstofBorskanker🡆 More